Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Week 3: O Here, Ek Is Swak
DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Mattheus 5:1-12.
Wat dink jy beteken dit om 'arm van gees' te wees? Die woord 'arm' word gebruik om te verwys na iemand wat in volslae armoede leef, iemand wat absoluut niks het nie. Eintlik is die weduwee met net twee oortjies in Markus 12:42 ryker as die armes na wie Jesus hier verwys.
WANDEL IN WAARHEID
Beskou jouself as arm met niks om na die Here toe te bring nie, nie eers twee kopermuntstukke nie. Al wat jy het om te bring is jou sonde en menslike swakheid. Jesus het gese, 'Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele (Mattheus 5:3, '33-'53-vertaling). Dit is wanneer ons voel asof ons niks het en niks is nie, dat God alles vir ons kan wees en Hy verheerlik word.
Lees Mattheus 5:1-12 weer en vra Hom om jou te help om jou swakheid en jou armoede te verstaan en op te gaan in Hom.
FOKUS DIE OË VAN JOU HART
Herhaal vandag se kernverse sag vir jouself. Bêre dit in jou hart, mediteer daaroor en maak dit jou gebed deur die dag.
Matteus 5:3-5
‘Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. Gelukkig is die treurendes, want God sal self hulle trane afvee. Gelukkig is dié wat sag van hart is, want die nuwe aarde sal hulle erfporsie wees.

Aangaande hierdie leesplan

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.
More
We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/