Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

Vreesloos: 'n Ses-Week Reis Voorbeeld

Fearless: A Six-Week Journey

DAG 6 VAN 42

Week 1: Die Wind en die Golwe

DIE WATER VAN SY WOORD
Lees Mattheus 14:22-33.

Kyk na wat Jesus sê vir die dissipels in vers 27. Petrus was bang. Dink vir 'n oomblik oor wat jou bang maak. Wanneer jy alleen is? As jy 'n moeilike oproep moet maak? Wanneer jy dink oor hoe jy die evangelie moet oordra? As jy met iemand wat jou gevoelens seergemaak het moet praat? Wanneer jy oor hierdie geleenthede dink, dink aan Jesus se woorde, in liefde gesê, asof dit vir jou gesê is.

WANDEL IN WAARHEID
Hoe kan jy Jesus se woorde ter harte neem? Glo jy Hom? Lees Johannes 15-17 wanneer jy tyd het. Hoor hoe Jesus Sy dissipels voorberei vir die wêreld en die uitdagings om heeldag vir Hom te lewe. Hy sê dat Hy jou liefhet! Bid dat Hy jou help om hierdie waarhede ter harte te neem. Vra die Here dat dit in jou hart en gedagtes verweef word, sodat dit volledig deel word van wie jy is, sodat jy met geloof en nie met vrees nie, reageer, wat ookal gebeur.

FOKUS DIE Oë VAN JOU HART
Herhaal in jou gedagtes vandag se fokusgedeelte. Sluit dit op in jou hart, oordink dit en maak dit jou gebed deur die dag.

Mattheus14:31-33
Dadelik het Jesus Sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: "Klengelowige, waarom het jy begin twyfel?" Hulle het toe in die skuit geklim en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: "U is waarlik die Seun van God."

Aangaande hierdie leesplan

Fearless: A Six-Week Journey

Leer hoe om verby die vrees wat jou oorweldig en terughou in jou geloof te beweeg, en geniet ‘n hele nuwe lewe van vryheid, vreesloosheid, en effektiwiteit in jou lewe en getuienis! Ideaal vir besige moeders, enkellopende dames, en studente.

More

We would like to thank Thistlebend Ministries and author Laurie Aker for providing this plan. For more information, please visit: http://www.thistlebend.org/