21 Dae VasVoorbeeld
Oorweeg jy dit om aan te gaan met die vas, of wil jy dalk 'n nuwe gewoonte begin om gereeld te vas? In hierdie hoofstuk wonder die mense of hulle moet aanhou vas en die Here gee vir Sagaria die antwoord. Sedert die dae van Moses het God 'n kalender van vas en feeste ingestel. Altwee het die doel om mense nader aan Hom te trek. As dit elke dag jou doel is om nader aan God te kom, kan vas en feesviering heilig wees vir die Here. Laat God toe om met jou te praat oor jou ervaring van vas. Vra God om jou te help om dink oor hoe die vas jou hart saggemaak en jou beïnvloed het om mense anders te hanteer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Begin jou nuwe jaar deur te fokus op die geestelike dissipline van vas. Hierdie plan sluit 'n verskeidenheid skrifgedeeltes oor vas in. Dit sal jou aanmoedig om tyd saam met God te spandeer en so nader aan Hom te kom. Jy sal vir 21 dae lank 'n Bybelgedeelte kry om te lees, met 'n kort oordenking en gebedsonderwerp.
More
We'd like to thank Life.Church for their generosity in providing the structure for the 21 Day Fast reading plan.