’n Nuwe rigtingVoorbeeld

’n Nuwe rigting

DAG 3 VAN 7

Hy sélf gaan jou vooruit

Ons is almal bang vir die onbekende. Daarom is ons maar altyd versigtig vir enige verandering, draai ons maag as ons by ’n nuwe werk moet begin, is ons onseker as ons iets moet doen wat ons nie voorheen gedoen het nie en voel ons maar gou onveilig wanneer ons ’n onbekende roete moet volg. Gelukkig weet God dit. Hy ken die bang-onseker van ons harte en verstaan ons vrese vir die onbekende. Juis daarom belowe Hy op soveel plekke in sy Woord dat Hy sáám met ons op onherbergsame paaie sal loop. Soos Hy destyds die volk met ’n wolk-en vuurkolom deur die woestyn gelei het, so gaan Hy jou elke dag vooruit.

Bid vandag saam met die psalmdigter Dawid:

As ek begin bang word, Here, besluit ek net daar om op U te vertrou. Ek prys God vir sy belofte dat Hy my sal help. Op Hom vertrou ek sonder om bang te wees. Ek weet dat God aan my kant is. Hy staan by my. Ek prys God omdat Hy belowe het dat Hy my sal help. Ek loof die Here. Hy hou sy woord. Ek vertrou op God; daarom is ek nie bang nie. (Ps 56:4, 5a, 10b-12a)

Gaan my vooruit, Here. Ek volg. Amen

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe rigting

Ons is almal bang vir die onbekende. Daarom is ons maar altyd versigtig vir enige verandering en voel ons maar gou onveilig wanneer ons ’n onbekende roete moet volg. Gelukkig weet God dit. Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat Hy die bang-onseker van ons harte ken en verstaan. Juis daarom belowe Hy in sy Woord dat Hy sáám met ons op ons onbekende paaie sal loop.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/