’n Nuwe rigtingVoorbeeld

’n Nuwe rigting

DAG 6 VAN 7

Die koers wat jy inslaan

“Vanjaar gaan ek gewig verloor en gesond leef,” is blykbaar die mees populêre Nuwejaarsvoorneme. En waarskynlik ook die een enkele voorneme wat die gouste verbreek word. Want ai! dit bly maar moeilik om die eet-reg-oefen-baie-ding te doen!

Die waarheid is dat voornemens nie jou eindbestemming bepaal nie. Jou koers bepaal waar jy gaan uitkom. As jy wel by die voorneme van gesond-leef hou, sál jy gewig verloor en wel ’n beter kwaliteit lewe kan hê. Want wanneer jy die regte rigting inslaan, sal jy wel by die regte plek uitkom … al loop jy soms ompaaie.

Watter koers het jy ingeslaan in terme van jou gesondheid, jou verhoudingslewe, jou huwelik, verhouding met jou kinders, jou finansies en jou werk? Dink jy jy beweeg op al hierdie terreine in die regte rigting, die een wat God vir jou beplan het … die een wat jou by die ideale eindbestemming gaan uitbring? Of het dit dalk tyd geword om op een van hierdie terreine ernstig van rigting te verander? Het dit dalk tyd geword om radikale veranderinge in jou lewe aan te bring of dalk net ietwat van koers te verander?

Wanneer jy besef dat jy iewers in jou lewe van koers af is, is dit dalk die Gees wat jou onrustig maak juis omdat God vir jou iets beters beplan. Wil jy Hom nie maar volg nie?

Gees van God, ek wil hoor wat U sê en volg waar U lei. Help my, asseblief. Amen

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe rigting

Ons is almal bang vir die onbekende. Daarom is ons maar altyd versigtig vir enige verandering en voel ons maar gou onveilig wanneer ons ’n onbekende roete moet volg. Gelukkig weet God dit. Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat Hy die bang-onseker van ons harte ken en verstaan. Juis daarom belowe Hy in sy Woord dat Hy sáám met ons op ons onbekende paaie sal loop.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/