’n Nuwe rigtingVoorbeeld

’n Nuwe rigting

DAG 4 VAN 7

God bou jou legkaartlewe

Dis darem maar wonderlik hoe God die prentjies van mense se lewens teken! Soms lyk dit mos of daar stukkies van die legkaarte van ons lewens weg is en of ons lewensprente maar net nie sin maak nie! En dan … op ’n dag plaas ons getroue God onverwags weer ’n ánder stukkie in die plek van die stuk wat weggeraak het. En word gebroke lewens verrassend heel.

Soos die Naomi-verhaal. Ons lees hoe sy haar man en albei haar seuns binne ’n paar jaar verloor het. Alleen en sonder ’n heenkome trek sy na haar tuisland terug. En dis hier waar God haar prentjie begin heelmaak toe Rut, haar skoondogter, met Boas trou. Ons lees hoe ouma Naomi se prentjie radikaal verander toe sy met haar kleinkind op haar skoot sit. Uiteindelik vind sy toe wel weer geluk.

Ons aanbid ’n God van hoop wat die onmoontlike kan doen, enige situasie kan verander en die slegste omstandighede in ’n wonderlike nuwe lewe kan verander. Ons aanbid ’n heelmaak-God wat stukkende lewens weer nuut kan maak.

God werk elke dag aan jou prentjie – selfs wanneer dit voel of alles nie heeltemal in plek is nie. Vertrou Hom daarmee. Onvoorwaardelik.

Here, dankie dat U die Een is wat my legkaartlewe bou. En dat U presies weet wat U doen! Amen

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe rigting

Ons is almal bang vir die onbekende. Daarom is ons maar altyd versigtig vir enige verandering en voel ons maar gou onveilig wanneer ons ’n onbekende roete moet volg. Gelukkig weet God dit. Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat Hy die bang-onseker van ons harte ken en verstaan. Juis daarom belowe Hy in sy Woord dat Hy sáám met ons op ons onbekende paaie sal loop.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/