’n Nuwe rigtingVoorbeeld

’n Nuwe rigting

DAG 7 VAN 7

Jy is God se projek!

Ons word groot met die idee dat ons toekoms en die uitkoms van ons lewe net in ons eie hande is. As ons hard werk en die regte dinge doen, sal ons beloon word en sal ons sukses behaal. Die feit dat ons almal met die idee leef dat ons ons eie projek is, is dus heel verstaanbaar. Die waarheid is egter dat ons God se projek is, skryf John Ortberg. Dat Hy ons dwarsdeur ons lewe wil help om die mens te word wat Hy bedoel het ons sal wees: iemand wat floreer en die lewe met oorgawe lééf omdat Hy ons lewe bestuur.

As ons dan God se projek is, waarom ervaar ons nie altyd ’n lewe van oorvloed nie? Waarom voel ons altyd of daar iets te kort skiet, dat ons nie aan mense en God se verwagtinge voldoen nie en dat ons maar net nie goed genoeg is nie? Omdat ons:

  • dink dat ons self en alleen ons pad moet uitwerk;
  • probeer om iemand anders se lewe te leef; en
  • aan mense in plaas van aan God se verwagtinge probeer voldoen.
God wil jou baie graag help om meer jý te word en jou volle potensiaal te bereik. Maar dan moet jy jouself in sy hande plaas en toelaat dat die Gees elke dag in en deur jou werk. Is jy bereid om dit te doen?

Vader, in u hande gee ek my lewe oor. Amen

Hierdie oordenkings is geneem uit NET SOOS JY IS deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

’n Nuwe rigting

Ons is almal bang vir die onbekende. Daarom is ons maar altyd versigtig vir enige verandering en voel ons maar gou onveilig wanneer ons ’n onbekende roete moet volg. Gelukkig weet God dit. Milanie Vosloo kom verseker jou vandag dat Hy die bang-onseker van ons harte ken en verstaan. Juis daarom belowe Hy in sy Woord dat Hy sáám met ons op ons onbekende paaie sal loop.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/