Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy VaderVoorbeeld
Aangeneem as seuns en dogters van die Vader
Die woord "vader" suggereer familie. Toe ons Christene geword het, het ons kinders van God geword. Ons word aangeneem en opgeneem in die familie van God die Vader. Die Griekse woord huiothesía word vyf keer deur Paulus gebruik. Hier is drie voorbeelde:
Romeine 8:15 – "Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: Abba! Dit beteken Vader."
Galasiërs 4:5 – "Om ons, wat aan die wet onderworpe was, los te koop sodat ons as kinders van God aangeneem kon word."
Efesiërs 1:5 – "In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees."
Die woord huiothesía is 'n tegniese term in die Romeinse reg wat gebruik is vir 'n daad met spesifieke regs- en sosiale gevolge. Aanneming, wanneer dit dus wettiglik uitgevoer word, plaas iemand in alle opsigte in dieselfde posisie van 'n seun wat deur natuurlike geboorte dieselfde regte besit en dieselfde verpligtinge het.
"Die skepping sien met gespanne verwagting daarna uit dat God bekend sal maak wie sy kinders is" (Romeine 8:19).
Gehoorsaamheid: Hoe behandel jy wat ‘n aangenome kind van God is, ander aangenome kinders van God?
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer Christene onderrig word oor die geestelike lewe en wat dit beteken om 'n Christen te wees, is dit belangrik om te praat oor wie God is en veral wie God as Vader is. Wat het Jesus oor sy Vader gesê?
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/