Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy VaderVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader

DAG 8 VAN 8

Die volgende is ‘n aantal name van God die Vader

Wanneer jy hierdie name van God bestudeer en in hulle bid, sal jy by ‘n dieper verhouding met God uitkom.

Aanvoerder van die Here se leër – (Josua 5:14); Abba Vader – (Galasiërs 4:6); Bergvesting – (Psalm 31:4); Bewerker van wonderdade – (Eksodus 15:11).

El (Sterk Een; Eerste Oorsaak) – (Eksodus 6:3); El Elyon (God die Allerhoogste) – (Genesis 40:17); El Gibbor (Magtige God – Kampvegter) – (Jesaja 9:6-7); El Olam (God van ewigheid) – (Jeremia 10:10); Elah of Eloah (Die Een wat bewonder kan word) – (Jeremia 10:10); Elohim (Die Een aan Wie alle krag behoort; God) – (Genesis 1:1); El-Roi (Die God wat sien) – (Genesis 16:13-14); El-Shaddai (Die Algenoegsame; Bevrediger) – (Genesis 17:1).

Ewige Vader – (Jesaja 9:6); Fontein van lewende water – (Jeremia 17:13-14); God die Bron van hoop – (Romeine 15:13); God die Vader – (1 Petrus 1:17); God van alle vertroosting – (2 Korintiërs 1:3); God van die hele wêreld – (Jesaja 54:5); God van die hemel – (Openbaring 11:13).

Heilige Vader – (Johannes 17:12); Hemelse Vader – (Matteus 6:9); Here God die Almagtige – (Psalm 59:6; Openbaring 19:6); Hy onderhou alle dinge – (Kolossense 1:17); Hy wat alles in almal vervul – (Efesiërs 1:23); Hy wat hoog en verhewe is – (Jesaja 57:15); Jah (Die Onafhanklike Een) – (Jesaja 26:4).

Jahweh (Die Een wat op sy eie bestaan, Die Groot EK IS, Die Verlossingsnaam van God) – (Eksodus 3:14); Jahweh (Die Ewige; Die Een wat vir altyd liefhet) – (Maleagi 3:6); Jahweh-Elohay (Die Here my God) – (Sagaria 14:5); Jahweh-Eloheenu (Die Here ons God) – (Deuteronomium 6:4); Jahweh-Eloheka (Die Here jou God) – (Eksodus 20: 2); Jahweh-Elohim (God die Skepper) – (Genesis 2:4-25); Jahweh-Elyon (Allerhoogste) – (Psalm 7:17); Jahweh-Gmolah (Die God wat vergeld) – (Jeremia 51:56); Jahweh-Goaleka (Die Here jou Verlosser) – (Jesaja 44:24); Jahweh-Hosenu (Die Here ons Skepper) – (Psalm 95:6); Jahweh-Jireh (God sal voorsien; Voorsiener) – (Genesis 22:8-14; Jahweh-Makkeh (Die Here wat straf) – (Esegiël 7:9); Jahweh-Mekaddishkem (Die Here wat julle heilig) – (Levitikus 20:8); Jahweh-Nissi (Die Here my Banier) – (Eksodus 17:15); Jahweh-Rohi (Die Here my Herder) – (Psalm 23:1); Jahweh-Rophe (Die Here wat jou gesond maak) – (Eksodus 15:26); Jahweh-Sabaoth (Die Here die Almagtige) – (1 Samuel 1:3; Jesaja 6:3); Jahweh-Shalom (Die Here gee rus; God is vrede) – (Rigters 6:24); Jahweh-Shammah (Die Here is daar; Die Oorvloedige; Die Ewig-teenwoordige Een) – (Esegiël 48:35); Jahweh-Shammal (God is by my) – (Psalm 23:4); Jahweh-Tsidkenu (Die Here verskaf reg aan ons; Die Here, ons Geregtigheid) – (Jeremia 23:6; 33:16).

Jou Bewaarder – (Psalm 121:5); My Maker – (Job 35:10); My Vader – (Johannes 5:17); Ons Vader – (Matteus 6:9); Ontsagwekkende – (Psalm 76:12); Onverganklike, Onsienlike, Enigste God – (1 Timoteus 1:17); Oue van Dae – (Daniël 7:9); Regverdige Vader – (Johannes 17:25); Rots – (Deuteronomium 32:18); Rots waar ek veilig sal wees – (Psalm 61:3); Skepper van alles en almal – (Jeremia 51:19); Skepper van die hele aarde – (Jesaja 40:28); Vader – (Maleagi 2:10); Vader aan Wie al die eer toekom – (Efesiërs 1:17); Vader van die hemelligte – (Jakobus 1:17); Vader van Genade – (2 Korintiërs 1:3); Verterende vuur – (Hebreërs 12:29).

Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader

Wanneer Christene onderrig word oor die geestelike lewe en wat dit beteken om 'n Christen te wees, is dit belangrik om te praat oor wie God is en veral wie God as Vader is. Wat het Jesus oor sy Vader gesê?

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/