Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy VaderVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader

DAG 7 VAN 8

Enkele belangrike eienskappe en dade van God ons Vader

Ons verhouding met die Vader verdiep wanneer ons sy karakter verstaan. Sy karakter gee ons die vertroue dat ons na Hom toe kan gaan en dat Hy Homself aan ons wil wys sodat ons kan weet dat Hy ons liefhet.

Hy is liefdevol – "Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God, en ons is dit ook" (1 Johannes 3:1).

Medelye – "Barmhartig en genadig is die Here, lankmoedig en vol liefde" (Psalm 103:8).

Getrou – "Deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot" (Klaagliedere 3:22-23).

Barmhartig – "Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak" (Efesiërs 2:4-5).

Vergewe – "Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid" (1 Johannes 1:9).

Oppermagtig – "Hy sal ons ons sonde nie bly toereken en nie vir ewig toornig bly nie" (Psalm 103:19).

Altyd teenwoordig – "God is vir ons ’n toevlug en ’n beskerming; Hy was nog altyd bereid om te help in nood" (Psalm 46:1).

Die Een wat alles nuut maak – "Toe sê Hy wat op die troon sit: Kyk, Ek maak alles nuut. En daarna sê Hy: Skryf hierdie woorde op, want hulle is betroubaar en waar" (Openbaring 21:5).

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy Vader

Wanneer Christene onderrig word oor die geestelike lewe en wat dit beteken om 'n Christen te wees, is dit belangrik om te praat oor wie God is en veral wie God as Vader is. Wat het Jesus oor sy Vader gesê?

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/