Wat Jesus Gesê Het Oor God Sy VaderVoorbeeld
Wat dink jy hoe voel God die Vader oor jou?
Sefanja 3:17 - "Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou."
'n Paar jaar gelede het 'n jong man tyd in 'n gebedskamer deurgebring en ervaar dat die Here vir hom vier vrae vra.
Eerste vraag: Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen? (Weet ek regtig wat ek van God my Vader wil hê? Is dit al wat ek vir die Vader wil vra? Sal dit lewenslank voldoende wees? Is dit al wat ek dink God vir my wil gee? Is dit al wat ek glo Hy vir my kan gee?)
Tweede vraag: Wat gaan jy doen as Ek vir jou gee wat jy van My vra? (Is dit vir my eie beswil dat Hy dit vir my gee? Sal ek wat Hy vir my gee gebruik om vir ander mense tot seën te wees? Sal dit vir my tot voordeel wees maar nie noodwendig vir ander nie?)
Derde vraag: Weet jy wat Ek van jou wil hê? (Weet ek regtig wat dit is wat God van my verwag? Weet ek wat my skeppingsdoel is? Weet ek wat God vir my in gedagte het? Het ek 'n diep begeerte om te weet wat God van my wil hê, en wanneer ek dit weet, vir Hom gee wat Hy vra? Wat is daar wat ek nie wil hê God van my moet vra nie?)
Vierde vraag: Wat dink jy sal Ek doen met wat Ek van jou vra? (Is daar enige areas in my lewe waar ek Hom nie toelaat nie? Vertrou ek Hom onvoorwaardelik? Vertrou ek God se plan vir my lewe?)
Voorstel: Soek 'n stil plek, genoeg tyd en neem 'n notaboek saam. Skryf hierdie vrae neer en plaas dit voor die Here.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer Christene onderrig word oor die geestelike lewe en wat dit beteken om 'n Christen te wees, is dit belangrik om te praat oor wie God is en veral wie God as Vader is. Wat het Jesus oor sy Vader gesê?
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/