7 Eenvoudige Idees Om God Te AanbidVoorbeeld

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

DAG 1 VAN 7

SLEUTEL 1: Eerste dinge eerste

Wanneer jy wakker word, hetsy in die nag of soggens, besluit om heel eerste met God te praat. Maak nie saak wat jou wakker gemaak het nie — of dit nou 'n bekommernis, 'n nagmerrie of 'n skielike harde geluid was. Voordat jy enige iets doen, begin praat in jou hart met God oor jou bekommernis, nagmerrie of angs. Keer al jou gedagtes om in gebed. Vra vir sy vrede wat alle verstand te bowe gaan om jou hart en verstand te vul. Bid dit stadig, weer en weer, totdat jy na 'n paar minute die vrede van die Here in jou hart voel. Dan, net voordat jy opstaan, neem nog 'n paar sekondes om Hom te dank dat jy Hom mag ken en vra vir sy genade en barmhartigheid om jou lewe vandag te vul.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com/