7 Eenvoudige Idees Om God Te AanbidVoorbeeld

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

DAG 2 VAN 7

SLEUTEL 2: Kniel vir dertig sekondes

Ek onthou hoe ek, terwyl ek 'n student was, skielik oorweldig sou word deur 'n begeerte om God te aanbid. Dan sou ek tussen klasse by die kleedkamer inglip, die deur toemaak en kniel — soms op 'n baie koue vloer — net om God in my hart te loof en prys en ander kere, indien moontlik, sou ek dit hardop doen.

Iets heel onverklaarbaars gebeur in ons hart wanneer ons kies om fisies te kniel — 'n nederigheid en 'n bewustheid van God se goedheid, omdat ons Hom persoonlik kan ken, kom oor ons sodat ons vir 'n oomblik tot stilstand kan kom om enige las op ons hart voor Hom neer te lê.

Jy kan dit ook beleef. Deur die dag, wanneer jy 'n minuut alleen het — kniel, bid en dank God. Dit kan 'n baie opwindende manier word om met God te wandel — altyd op soek na 'n volgende geleentheid om te kniel en Hom te prys! Hoe ongemaklik dit ook al voel wanneer jy dit die eerste keer doen, hou net aan om jou hart so voor die Here te verootmoedig. Daar is nie 'n vasgestelde reël hoeveel keer 'n dag jy dit moet doen nie. Geniet net jou wandel met die Here en volg die aansporings van die Heilige Gees! As dit fisies onmoontlik vir jou is om te kniel, neem doelbewus oomblikke waar jy alle aktiwiteite onderbreek, jou oë toemaak en die Here aanbid deur Hom te vertel hoe kosbaar Hy vir jou is.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com/