7 Eenvoudige Idees Om God Te AanbidVoorbeeld

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

DAG 4 VAN 7

SLEUTEL 4: Begin met 'n Psalm

Sukkel jy dikwels om te weet waar om te begin of wat om te doen in jou stiltetyd met God? Jy mag dalk begeer om tyd in die Woord deur te bring, maar jy weet nie waar om te begin lees nie.

DIE PSALMS IS JOU ANTWOORD!

Baie Psalms word in die eerste persoon geskryf as 'n gesprek met die Here. Baie Psalms is letterlik liedere van lofprysing en aanbidding.

Jy kan begin deur een van hierdie Psalms stadig deur te lees. Word stil aan die einde van elke vers en dank of prys die Here in jou eie woorde uit jou hart. Dis heeltemal in orde om lank by een vers stil te staan, maar ook om langer gedeeltes op 'n slag te bid-lees. Die lees en herlees van hierdie spesifieke Psalms leer en brei ons gebedstaal uit direk uit die Bybel. Om dag na dag so uit jou Bybel te bid, sal jou hart mettertyd met 'n dieper liefde vir God vul, asook met die begeerte om Hom meer en meer te aanbid. Miskien wil jy met hierdie Psalms begin:

Psalms wat fokus op danksegging: Psalm 7:18, 28, 30, 34, 44:4-8, 50:14-15, 57, 69:31, 86:1-13, 89, 92, 95, 100, 106:1-3, 107:1-3, 111, 118: 1-9, 118:19-29, 136, 138.

Psalms wat daarop fokus om God te loof: Psalm 8, 40, 65, 98, 145, 146, 150.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com/