7 Eenvoudige Idees Om God Te AanbidVoorbeeld

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

DAG 6 VAN 7

SLEUTEL 6: Aanbid God deur hoe jy leef

Ware aanbidding kom uit die diepte van ons hart. Ware aanbidding is soveel meer as net die liedere wat ons sing of die manier waarop ons voor die Here dans.

Om te kies om die ander wang te draai en nie kwaad te word nie, is om God te eer en te aanbid (Matteus 5:39).

Om te kies om weg te draai van elke versoeking en in heiligheid en reinheid te wandel, is om God te aanbid (Matteus 5:30).

Wanneer ons al die rede in die wêreld het om wraak te neem teen ons vyande, maar kies om dit nie te doen nie, wys dit dat ons God aanbid (Lukas 6:35).

Die vrug van die Gees in ons daaglikse interaksie met mense — beide Christene en nie-Christene — getuig nie net dat die Heilige Gees in ons woon nie, maar dit verheerlik ook vir God voor hulle. "Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar dié wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel" (Galasiërs 5:22 - 25 AFR53).

Vra die Here om jou vandag te help om bewus te wees van sy teenwoordigheid in jou lewe en dat jou lewe elke dag 'n lewende getuienis sal wees vir elkeen wat jou pad kruis.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com/