7 Eenvoudige Idees Om God Te AanbidVoorbeeld
SLEUTEL 5: Maak jou mond oop en sing
Wanneer ons oorweldig voel deur die sorge van die lewe, kan dit die moeilikste ding wees om te dink jy moet nou hardop sing. As jy egter genoeg moed bymekaar kan skraap om werklik hardop te begin sing of net te neurie of fluit of na aanbiddingsmusiek te luister, sal jy verbaas wees oor hoe dit die atmosfeer in die vertrek, jou hart, jou gedagtes en veral in jou emosies verander!
Die duiwel was 'n engel in die hemel en het die geleentheid tot lofprysing en aanbidding gehad voordat hy van sy hoogmoed gestroop is en uit die hemel geskop is (Openbaring 12:9). Hy is die verleier van die wêreld en sal alles in sy vermoë doen om jou te keer om jou mond en hart oop te maak en God te loof en te aanbid.
Dink maar aan Paulus en Silas. Om middernag, terwyl hulle in die tronk was, het hulle gebid en lofliedere tot God gesing. Skielik was daar 'n aardbewing. Die fondamente van die gevangenis is geskud, al die deure het oopgegaan en almal se kettings het af geval (Handelinge 16:25-26).
Dit is die krag van lofprysing tot God!
Besluit dus nou onmiddellik om nie langer deur enige vorm van weerstand, onderdrukking of depressie geïntimideer te word nie! Die Here is ons lof en aanbidding waardig. Dit beweeg sy hart om wonders en wonderwerke te doen!
Aangaande hierdie leesplan
Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.
More
Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com/