7 Eenvoudige Idees Om God Te AanbidVoorbeeld

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

DAG 7 VAN 7

SLEUTEL 7: Aanbidding sê: "U wil geskied."

Dis moeilik. Niemand wil so swaarkry soos Jesus toe Hy aan die kruis gely het nie. Jesus sê egter in Johannes 16:33 vir sy dissipels dat hulle in hierdie wêreld probleme en verdrukking sal hê.

En dan sy bemoediging aan ons: "... maar hou goeie moed, ek het die wêreld oorwin."

Jy kan dapper wees in Jesus. Hy het die duiwel verslaan en alles oorwin wat ooit oor sy pad gekom het. Enige probleme wat ons in hierdie wêreld teëkom, is net tydelik.

Selfs wanneer 'n gelowige geliefde na 'n siekbed of ongeluk sterf – onthou, Jesus het die dood en hel oorwin sodat hulle vir ewig kan lewe. Dank die Here vir sy Seun se lewe, dood, opstanding en die feit dat Hy weer kom! Die Skrif is duidelik — as gevolg van wat Jesus gedoen het — wanneer jy jou lewe heeltemal oorgee om Hom alleen te volg, behoort jy nou aan die koninkryk van die hemel. Dank die Here so dikwels as wat jy herinner word, want Hy roep jou nou:

  • Kind van God — Lukas 18:17
  • Vriend – Johannes 15:15
  • Vry – Romeine 8:2, Galasiërs 5:1
  • Aanvaar en liefgehad – Efesiërs 1:3-6
  • Uitverkorenes – Kolossense 3:12
  • 'n Nuwe Skepping – 2 Korintiërs 5:17
  • Kind van God – Galasiërs 4:7
  • Geseënd – Efesiërs 1:3
  • Geliefd – 1 Tessalonisense 1:4


Hierdie beloftes is meer as genoeg rede om God elke dag te aanbid. Dit versterk ons daagliks om te sê: "U wil geskied."

Kies aan die einde van hierdie leesplan twee of drie praktiese dinge waarna ons gekyk het wat jy gaan deel maak van jou daaglikse gebedstye en wandel met God. Moenie in enige ou patrone terugglip nie! Maak doelbewus ruimte om God elke dag te aanbid en te prys!

Vir meer riglyne oor hoe om jou gebedslewe te versterk, besoek ons by www.jwipn.com

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

7 Eenvoudige Idees Om God Te Aanbid

Het jy 'n diep begeerte om die Here te aanbid, maar jy voel voortdurend oorweldig deur die lewe se besigwees, moedeloosheid of dinge wat jou aandag aflei? Hierdie leesplan bied eenvoudige en praktiese hulpmiddels om jou te help om 'n leefstyl om God te aanbid te begin en te vestig.

More

Ons wil graag Jericho Walls International Prayer Network bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.jwipn.com/