Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 13 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Optrede van ouers wat verhinder dat kinders die karakter, omgee en liefde van hulle ouers en van God kan sien én beleef

So dikwels verhinder ouers se optrede dat kinders nie positiewe liefde van hulle ouers ervaar nie en God nie kan sien soos Hy werklik is nie. Hulle optrede bring geestelike pyn in hulle kinders se lewens. Hoe lyk dit prakties?

1. Ouers wat gewelddadig is – hulle kinders met fisieke geweld, woede, gevloek, brutale gedrag en bombasme probeer beheer.

2. Onstabiele en onbetroubare ouers – wat nie hulle beloftes nakom nie en op wie jy nie kan reken nie.

3. Outoritêre ouers – wat met reëls, regulasies en instruksies hulle huise probeer regeer en die kinders geen vryheid toelaat nie. Daar is geen vertrouensverhouding nie.

4. Vreugdelose ouers - huise waar daar nie gelag word en vreugde is nie.

5. Sarkastiese ouers – wat negatief praat, nie bemoedig nie, verneder, beledigend en veroordelend optree.

6. Ouers wat aan alkohol of dwelms verslaaf is.

7. Onredelike ouers.

8. Oneerlike ouers.

9. Ouers wat nie praat nie – daar is net stilte en kinders word geïgnoreer wanneer hulle vrae vra.

10. Afwesige ouers.

Dink mooi oor jou optrede. Vra die Heilige Gees wat daar in jou optrede is wat moet verander. Waarna verlang kinders? Hier is ‘n paar basies verwagtinge:

1. Vergifnis en nie onrealistiese straf vir mislukking nie.

2. Aanmoediging en bemoedig.

3. Aanvaarding sonder dat dit aan prestasie gekoppel is.

4. Sagte woorde.

5. Positiewe fisieke aanraking.

6. Liefde sonder voorwaardes.

7. Erkenning vir prestasie – al is die prestasie hoe gering.

8. Om nie met hulle broers/susters of ander kinders vergelyk te word nie.

9. Om ‘n mening te mag hê.

10. Ouers wat na hulle luister en hulle vrae beantwoord.

11. Ouers wat hulle beloftes nakom en die waarheid praat.

12. Ouers wat nie onredelik is nie.

13. Ouers wat tyd maak om met hulle kinders te speel.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com