Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 15 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Hoe om vir jou ongeredde, verlore, afgedwaalde kind te bid (2)

5. Ouers moenie probeer om die plek van die Heilige Gees in te neem nie. Dit is die Heilige Gees wat oortuig van sonde en jou verlore kind wys hoe lief God die Vader hulle het en die gevaar waarin hulle verkeer (Johannes 16:8-11). Dit is die werk van die Heilige Gees om hulle die leegheid van die glans van die wêreld en baie van die sondige plesiere van die wêreld te wys. Dit is sy taak om hulle “huis toe” te bring.

6. Ouers moet vergifnis vra wanneer en waar nodig. Lees weer Dag 13 en vra die Heilige Gees om met jou te praat. Jy sal vinnig die dinge sien waarvoor jy vergifnis moet vra. Dikwels voel ouers dat dit nie sal help as hulle erken dat hulle verkeerd was om sekere dinge te doen nie. Sommige is te skaam of te trots om dit te doen. Dit is fataal. Kinders is gewoonlik vinnig om te vergewe. Vra vergifnis, dit maak nie saak hoe moeilik dit mag wees nie. Moenie dat jou ego in die pad staan nie.

7. Hoe moeilik dit ook al mag wees om te aanvaar, ons moet onthou dat God sy eie weë en sy eie tydsberekening het. Jy moet God met jou kind vertrou en dat Hy met Goddelike wysheid en deernis met jou kind sal werk. God het immers self jou kind geskep en met uiterste sensitiwiteit en noukeurigheid in die moederskoot gevorm (Psalm 139:13-18).

8. Wat beïnvloed jou kind op negatiewe maniere en trek hulle van God af weg? Vra God om onheilige vriendskappe en verhoudings te verbreek. As dit 'n wêreldse lewenstyl, geld, mag, roem of enige ander strewe is wat hom verblind om God se liefde en die werklikheid van die ewigheid te sien, vra die Here om hulle die uiteindelike nutteloosheid van hierdie dinge in vergelyking met ewige werklikhede te wys.

9. Dit is altyd te vroeg om tou te gooi. Selfs al bid jy al 50 jaar, moenie moed verloor nie! God hoor en verhoor gebed (Lukas 18:1-8).

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com