Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld
Wat om vir jou kinders te bid
Hoe om vir jou ongeredde, verlore en afgedwaalde kind te bid (1)
Baie ouers leef met baie pyn, bekommernis en wroeging oor ‘n verlore seun of dogter! Baie sukkel met gevoelens van mislukking en selfveroordeling. Baie kan hulself nie vergewe nie. Ander is gevul met hopeloosheid, woede, bitterheid en harte wat nie wil vergewe nie. Baie het hulle harte vir hulle verlore kind verhard. Hierdie ouers ervaar ondenkbare hoeveelhede pyn.
Mag die volgende opmerkings jou in jou stryd help.
1. Alle kinders het 'n keuse om God te volg of hom te verwerp. Dit is nie 'n baie bemoedigende woord nie, maar dit is tog waar.
2. Alle kinders het 'n sondige natuur en is verantwoordelik vir hul eie sondes, sondige keuses en gedrag. In baie gevalle kan ons sien hoe sekere omstandighede 'n rol gespeel het in hulle verwerping van God en hulle ouers. Omstandighede is dikwels vir baie kinders en jongmense net te moeilik, onregverdig en vol skynheilige gedrag deur gesagsfigure. Dit het tot gevolg dat sommige wegdraai en wegloop van God af en ook hulle ouers. Uiteindelik is elke sondige gedrag hul eie keuse, en hulle is daarvoor aanspreeklik.
3. Daar kom 'n tyd wanneer ouers moet ophou praat, berispe, preek en al die verkeerde dinge uitwys. Daar kom 'n tyd wanneer stilbly die enigste manier is om vorentoe te beweeg.
4. God word nie geïntimideer deur jou verlore kind se sonde nie. God het hulle geskep en weet hoe om dit te hanteer.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com