Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld
Wat om vir jou kinders te bid
Hoe om vir jou ongeredde, afgedwaalde kind te bid (3)
10. Neem in die Naam van Jesus, gesag oor al die leuens en misleiding van die Bose. Ons word almal voortdurend deur die Bose versoek, wat onophoudelik probeer om ons te mislei en op baie maniere te vernietig. Ons moet die duiwel in die Naam van Jesus weerstaan.
11. Bid dat jou kind die waarheid sal soek en dat hulle moeg sal word vir sonde.
12. Vra die Heilige Gees om in hulle harte te werk en dat hulle die volgende vrae sal vra:
· Wie kan ek vertrou?
· Wat is die doel van my lewe?
· Wanneer sal ek vry wees?
· Waarheen sal ek gaan wanneer ek sterf – waar sal ek die ewigheid deurbring?
· Waarom haat ek God en hardloop weg van Hom af?
· Hoe kan ek my probleme hanteer?
· Waar sal ek veilig wees? Wie sal my beskerm?
· Waarom is ek skepties en bevraagteken God se bestaan?
· Wie sal my sondes vergewe?
· Wie sal my regtig liefhê?
· Wie sal my leegheid en skuldgevoelens wegneem?
13. Volhard in gebed. Jesus self sê in Lukas 18:1-8 dat ons "moet aanhou bid sonder om moedeloos te word." Daar sal tye van trane wees. Daar sal tye van moedeloosheid wees en tye waar ons God in gebed sal vasgryp en volhardend sal bid. Soms sal jy God wil aanbid en prys. Ander kere sal jy nie woorde hê nie – in daardie tye, sit net in sy teenwoordigheid. Vra die Here om jou te leer om uit die Skrif te bid. God het vir ons die Heilige Gees as ons Helper gegee – om ons te help om te bid, om ons te lei terwyl ons bid (Romeine 8:26-27).
14. Ouers het dikwels "Waarom-vrae". Sommige van hulle sal God antwoord, maar sommige vrae sal God nooit antwoord nie. Hy is God. Jy moet Hom met jou kind vertrou. God se planne en weë is altyd beter.
15: 'n Laaste vraag: Waarom bid jy dat jou kind gered moet word? Waarom bid jy vir jou verlore en eiesinnige kinders om terug te kom? Is dit die feit dat hulle lewens God oneer aandoen? Of is dit omdat dit skande oor jóú bring, dat hulle die lewe vir jóú moeilik maak? Dit moet in die eerste plek oor God en die verheerliking van sy Naam gaan.
Aangaande hierdie leesplan
Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com