Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld
Wat om vir jou kinders te bid
Riglyne en Skrifgedeeltes (5)
Bid dat hulle vreesloos staande sal kan bly onder groepsdruk. Bid dat hulle sonde sal haat en dat hulle staande sal bly teen versoekings: “Geen versoeking wat meer is as wat ’n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan” (1 Korintiërs 10:13).
Bid vir die werking van die sewevoudige Gees van God in hulle lewens: “Die Gees van die Here sal op hom rus: die Gees wat wysheid en insig gee, die Gees wat raad en sterkte gee, die Gees wat kennis verleen en eerbied vir die Here” (Jesaja 11:2).
Bid dat hulle God se plan vir hulle lewens sal verstaan en God sal vertrou met hulle lewens: “Kom nou, julle wat sê: ‘Vandag of môre sal ons na dié en dié stad toe gaan en ’n jaar lank daar bly; ons sal sake doen en geld maak.’ Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ’n damp wat ’n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn. Julle moet eerder sê: ‘As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.’ Maar nou is julle te seker van julleself en praat julle groot. Al sulke grootpratery is verkeerd. As iemand weet wat die regte ding is om te doen en hy doen dit nie, is dit sonde” (Jakobus 4:13-17).
Aangaande hierdie leesplan
Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com