Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 7 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Riglyne en Skrifgedeeltes (4)

Bid vir ’n gewilligheid en vermoë om te werk: “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie” (Kolossense 3:23).

Bid vir ’n gedissiplineerde lewe en dat hulle sal kies om dissipels van Christus te wees: “Weet julle nie dat atlete wat aan 'n wedloop deelneem, wel almal hardloop, maar dat net een die prys ontvang nie? Hardloop dan só dat julle die prys kan wen. Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie” (1 Korintiërs 9:24-27).

Bid dat hulle gebedslewens kragtig sal ontwikkel, dat hulle sal leer om te bid en dat gebed vir hulle ’n vreugde sal wees: “Want my tempel sal uitgeroep word tot ’n huis van gebed vir al die volke” (Jesaja 56:7). “Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges” (Efesiërs 6:18).

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com