Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 6 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Riglyne en Skrifgedeeltes (3)

Bid vir vrygewigheid: “Spoor hulle aan om goed te doen, om ryk te wees in goeie dade, vrygewig en mededeelsaam. So vergader hulle vir hulle ’n skat as ’n goeie belegging vir die toekoms, sodat hulle die ware lewe sal verkry” (1 Timoteus 6:18-19).

Bid vir die vrug van die Gees in hulle lewens: “Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie” (Galasiërs 5:22-23).

Bid vir nederigheid: “Maar die genade wat Hy gee, is nog groter. Daarom sê Hy: ‘God weerstaan hoogmoediges, maar aan nederiges gee Hy genade’” (Jakobus 4:6).

Bid vir ’n verantwoordelikheidsbesef en om wat hulle begin het, klaar te maak: “Elkeen sal rekenskap moet gee oor wat hy gedoen het” (Galasiërs 6:5).

Bid dat hulle vergenoegd en dankbaar sal wees: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag” (1 Tessalonisense 5:18).

Bid dat hulle sal toeneem in geloof: “Die apostels sê toe vir die Here: ‘Gee ons meer geloof.’ Maar die Here antwoord: ‘As julle maar geloof so groot soos ’n mosterdsaadjie gehad het, sou julle vir hierdie moerbeiboom kon sê: ‘Trek jou met wortels en al uit die grond uit en plant jouself in die see,’ en hy sou julle gehoorsaam’” (Lukas 17:5-6). “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie” (Hebreërs 11:1).

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com