Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 5 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Riglyne en Skrifgedeeltes (2)

Bid dat hulle ’n liefde vir die Woord van God sal hê: “Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek” (Psalm 19:11). “Op u gebooie, wat ek liefhet, sal ek al my hoop vestig. U voorskrifte sal my bybly” (Psalm 119:48).

Bid dat hulle regverdig sal wees in hulle oordeel: “Die Here is regverdig. Hy het die mense lief wat regverdig en opreg handel, en Hy sal by hulle wees” (Psalm 11:7). “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God” (Miga 6:8).

Bid dat hulle genadig en barmhartig sal wees in hulle optrede teenoor ander: “Wees barmhartig soos God barmhartig is” (Lukas 6:36).

Bid vir selfrespek en respek vir ander: “Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser” (1 Petrus 2:17).

Bid vir ’n Bybelse en gesonde selfbeeld: “Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het” (Efesiërs 2:10).

Bid dat hulle rein en heilig voor God sal lewe, vir seksuele reinheid tot en met die huwelik: “Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig” (Psalm 51:12).

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com