Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 4 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Riglyne en Skrifgedeeltes (1)

Bid vir hulle redding: “Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes sodat ook hulle die verlossing, wat daar in Christus Jesus is, en die ewige heerlikheid kan ontvang” (2 Timoteus 2:10). “So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie” (Matteus 18:14).

Bid dat hulle sal groei en toeneem in liefde: “Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ’n offergawe gegee het, ja, ’n offer wat vir God aanneemlik was” (Efesiërs 5:2).

Bid dat eerlikheid, integriteit en getrouheid deel van hulle waardestelsel sal wees: “Laat onskuld en opregtheid oor my die wag hou, want op U vertrou ek” (Psalm 25:21).

Bid dat God se Gees van krag en liefde en selfbeheersing hulle sal vul en dat hulle vry sal wees van vrees: “Laat ons dan nie slaap soos die ander nie, maar laat ons wakker bly en nugter wees” (1 Tessalonisense 5:6). “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie” (1 Johannes 4:18).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com