Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld
Wat om vir jou kinders te bid
Skrifgedeeltes om vir jou kinders te bid
"Ek was jonk en ek het oud geword, maar nooit het ek ’n regverdige verlate gesien of dat sy nageslag brood soek nie. Hy is altyd vrygewig, hy leen uit sonder rente: met sy nageslag sal dit goed gaan" (Psalm 37:25-26).
"Maar onverganklik is die liefde van die Here vir die wat Hom dien, sy trou vir opeenvolgende geslagte" (Psalm 103:17).
"Hy seën die woning van die wat aan Hom getrou is" (Spreuke 3:33).
"Wie die Here dien, het daarin ’n veilige toevlug, en ook sy kinders vind daar skuiling" (Spreuke 14:26).
"Wie reg doen en eerlik lewe, met sy kinders gaan dit goed" (Spreuke 20:7).
"Ek sal volop water gee op die dorsland, strome op die droë grond. Ek sal my Gees uitgiet op jou kinders, my seën op jou nakomelinge" (Jesaja 44:3).
"En al jou kinders sal deur die HERE geleer wees, en die vrede van jou kinders sal groot wees" (Jesaja 54:13 AFR53).
"So is dit ook nie die wil van julle Vader in die hemel dat een van hierdie kleintjies verlore moet gaan nie" (Matteus 18:14).
"Wat God belowe het, is vir julle en vir julle kinders en vir almal wat daar ver is, vir almal wat die Here ons God na Hom toe sal roep" (Handelinge 2:39).
"Hulle antwoord hom: 'Glo in die Here Jesus, en jy sal gered word, jy en jou huisgesin'” (Handelinge 16:31).
"Kinders, wees in alles aan julle ouers gehoorsaam, want die Here verlang dit van kinders wat in Hom glo" (Kolossense 3:20).
Aangaande hierdie leesplan
Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.
More
Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com