Wat Om Vir Jou Kinders Te BidVoorbeeld

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

DAG 1 VAN 16

Wat om vir jou kinders te bid

Moets en moenies (1)

Seën jou kinders gereeld. Gebruik byvoorbeeld die gebed in 1 Kronieke 4:9-10: "Jabes het die God van Israel aangeroep met die woorde: 'Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie' God het laat gebeur wat Hy gevra het."

Of gebruik Numeri 6:23-27: "Die Here het vir Moses gesê: 'Sê vir Aäron en sy seuns: So moet julle sê wanneer julle die Israeliete seën:' 'Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!' 'So moet die priesters my Naam oor die Israeliete uitroep, en Ek sal hulle seën.'”

Jy kan dit as ’n gebed vir hulle bid, of tydens julle huisgodsdiens dit hardop as seën oor hulle uitspreek.

Bid God se skeppingsdoel oor hulle.

Bid dat hulle sal verstaan wat God se doel met hulle lewens is en waarom Hy hulle geskep het. Moenie jou begeertes op hulle “afdwing” nie.

Bid vir jou kinders op grond van God se beloftes, nie op grond van dit wat in hulle lewens verkeerd is nie en ook nie op grond van jou verwagtings vir jou kinders se lewens nie. God verbind Hom daartoe om sy beloftes waar te maak.

Moenie klaerig wees wanneer jy vir jou kinders bid nie. Dikwels is ouers klaerig as hulle vir hulle kinders bid. Sulke gebede is gebore uit moedeloosheid en ongeloof. Bid tot God en glo.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Om Vir Jou Kinders Te Bid

Daar is by ouers 'n behoefte om vir hulle kinders te bid. So dikwels weet ons net nie hoe nie. Hierdie leesplan gee riglyne saam met Skrifgedeeltes oor hoe ouers vir hulle kinders kan bid.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com