Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Waarom is dit belangrik dat Jesus 'n sondelose lewe gelei het? Sommige mense mag Jesus se sondeloosheid beskou as 'n voorbeeld dat Hy van die mensdom verwyder was. Inteendeel, sy sondeloosheid behoort ons te bemoedig dat Hy die versoekings en swaarkry van hierdie wêreld verstaan omdat Hy dit alles oorwin het. Hoe word jou daaglikse wandel met God beïnvloed deur die wete dat Jesus elke versoeking in die gesig gestaar het en tog sonder sonde gebly het?
2. Hoe bring Jesus se dood aan die kruis verlossing? Het jy al ooit die gratis gawe van verlossing deur Jesus se dood en opstanding aanvaar? Indien jou antwoord "nee" is, kan vandag die dag wees. Indien wel, met wie kan jy hierdie goeie nuus deel?
3. Wat is die belangrikheid van Jesus se opstanding? Hoe verseker sy opstanding jou van oorwinning oor sonde en dood in jou eie lewe?
4. Wat beteken Jesus se hemelvaart vandag vir gelowiges? Hoe lyk dit prakties vir jou om met 'n ewigheidsperspektief te leef, wetende dat Jesus aan die regterhand van die Vader regeer en heers en dat Hy weer sal kom?
5. Wat is Christene se hoop in die tweede koms van Christus? Op watter maniere kan jy in jou persoonlike, geestelike en gemeenskapslewe aktief voorberei vir Christus se wederkoms?
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/