Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Week 4 / Wie is die Heilige Gees? Wat is Verlossing?
Maandag / Heilige Gees: Inwoning van die Heilige Gees
Lees: 1 Korintiërs 6:19-20; Romeine 8:15-17
SOAP: 1 Korintiërs 6:19-20; Romeine 8:15-17
“Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik” (1 Korintiërs 16:19-20).
"Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat julle nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot kinders van God maak en wat ons tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is.En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid" (Romeine 8:15-17).
Oordenking
Wanneer ons ons geloof in Jesus Christus plaas, skenk Hy aan ons die Heilige Gees wat in ons woon. Hierdie diepgaande gawe dui op 'n permanente verbintenis met Jesus, aangesien Hy en die Heilige Gees een is, as deel van die Drie-enige God.
Die inwonende Heilige Gees bring verandering in ons lewens. Sonde se greep verstrik ons nie meer nie; in plaas daarvan, word ons harte bevry en in Christus vernuwe. Ons liggame word heiligdomme tot God se eer, 'n getuienis van sy verlossingswerk in ons.
Verder is die Heilige Gees se teenwoordigheid die seël van ons aanneming in God se familie. Niemand en niks kan ons uit God se hande ruk nie. Dit beteken nie dat ons ‘n lisensie het om te lewe soos ons goeddink nie. Ons harte word eerder in staat gestel om met behulp van die Heilige Gees se inwonende krag, volgens God se weë te wandel.
Die Heilige Gees oortuig ons van sonde en verander ons geleidelik na die gelykenis van Christus, terwyl Hy ons ook unieke gawes gee om God te verheerlik en ander na Jesus te lei.
Vir diegene wat dalk worstel met die sekerheid van hulle verlossing of twyfel aan hulle versoening met God, vra jouself die volgende vraag af: Vertrou jy op Jesus vir die vergifnis van jou sondes en glo jy dat Hy jou met God versoen het? Wees dan verseker dat jy deur die Gees verseël is met 'n onbreekbare seël. Jy is veilig in Christus, 'n voortdurende herinnering aan sy onfeilbare liefde en teenwoordigheid.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie vir die kosbare gawe van die Heilige Gees wat in my woon. Help my om met die sekerheid van u teenwoordigheid te leef en voortdurend deur u Gees verander te word. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/