Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Hoe beïnvloed die inwonende teenwoordigheid van die Heilige Gees ons lewens as gelowiges? Waar in jou lewe het jy die Heilige Gees aan die werk gesien om jou te oortuig, te lei en te bemoedig?
2. Watter eienskappe bewerk die Heilige Gees in gelowiges? Watter vrug van die Gees vind jy die moeilikste om in jou daaglikse lewe uit te leef en watter stappe kan jy doen om die Heilige Gees te vra om hierdie vrug in jou te kweek?
3. Hoe bring God se genade verlossing? Hoe beïnvloed die begrip dat verlossing 'n genadegawe is, jou perspektief van God se liefde en jou eie pogings om sy guns te verdien?
4. Wat is die kern van die Christelike geloof? Hoe kan jy in jou daaglikse lewe 'n dieper vertroue kweek in God se beloftes en sy karakter?
5. Waarom is belydenis noodsaaklik? In watter areas van jou lewe roep God jou om van sonde af weg te draai en jou in ware bekering na Hom te wend?
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/