Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld
Verlossing: Bekering
Lees: Handelinge 3:19-20; 2 Petrus 3:9
SOAP: Handelinge 3:19; 2 Petrus 3:9
“Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis” (Handelinge 3:19).
“Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al die party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer” (2 Petrus 3:9).
Oordenking
Bekering is een van daardie woorde wat ons dikwels in die kerk hoor, maar wat ons dalk nie ten volle begryp nie. Hierdie kragtige opdrag roep ons om ons sondes agter te laat en 'n hernude lewe in Christus aan te neem. Dit is soos om na 'n voorwerp toe te beweeg, te stop, om te draai en in die teenoorgestelde rigting te hardloop.
Bekering gaan verder as blote hartseer oor ons verkeerde dade. Dit sluit 'n diepe, hartroerende berou in dat ons onsself van God gedistansieer het. Hierdie opregte bekering behels 'n eerlike erkenning van ons sondes sonder enige pogings om dit te regverdig of te verskoon. Dawid se opregte pleidooi in Psalm 51 eggo 'n eerlike hunkering na vergifnis en herstel wat ons herinner aan die belangrikheid daarvan om met 'n nederige en berouvolle hart voor God te kom.
Dit is dan wanneer ons vlug van die sonde wat ons gepleeg het en hardloop na die lewe, waarheid en vryheid wat Jesus bied.
In 2 Petrus 3:9 word ons verseker van God se geduld en sy begeerte dat almal tot bekering moet kom. Wanneer ons God met ware bekering nader, belowe Hy om ons te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig (1 Johannes 1:9).
Bekering is een van die eerste stappe van verlossing, maar dit is ook 'n deurlopende houding van die hart. Soos ons in ons geloof groei, word ons meer bewus van ons sondes en ons behoefte aan God se genade. Hierdie voortdurende proses van bekering bevorder geestelike groei en verdiep ons verhouding met God.
Bekering verlig die gewig van sonde, bring vrede in ons harte en vernuwe ons gees. Dit baan die weg vir God om meer volledig in ons lewens te werk en ons in die gelykenis van Christus te verander.
Gebed
Dierbare Jesus, dankie vir u geduld en u begeerte dat ek tot bekering moet kom. Help my om weg te draai van sonde en my opreg tot U te wend. Vergewe my, reinig my en herstel my in gemeenskap met U. Mag my lewe gekenmerk word deur voortdurende bekering en herskepping. In u Naam. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/