Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van GodVoorbeeld

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

DAG 26 VAN 43

Verlossing: Genade

Lees: Efesiërs 2:4-10; Titus 2:11

SOAP: Efesërs 2:8-9; Titus 2:11

“Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Hierdie redding kom nie uit julleself nie; dit is 'n gawe van God. Dit kom nie deur julle eie verdienste nie, en daarom het niemand enige rede om op homself trots te wees nie” (Efesiërs 2:8-9).

“Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn” (Titus 2:11).

Oordenking

Genade is een van die kenmerke van God se karakter en is noodsaaklik vir verlossing. Efesiërs 2:8-9 openbaar dat ons verlossing 'n gawe van God is, nie iets wat ons deur ons werke of goeie dade kan verdien nie. Genade is God se onverdiende guns, mildelik aan ons gegee ten spyte van ons tekortkominge.

God se genade beteken dat ons voor Hom kom en niks het om in ruil vir ons verlossing te bied nie. Ons beste pogings skiet tekort aan sy volmaakte standaard. Tog gee Hy sy genade vryelik aan ons en nooi ons uit om in sy barmhartigheid te rus. Hierdie genade, gemanifesteer in Jesus Christus, is beskikbaar vir ons almal en nooi ons in 'n regte verhouding met ons Skepper.

Om genade te aanvaar, verander ons begrip van verlossing. Dit verskuif ons fokus van ons optrede na wat God reeds deur Jesus bereik het. Sy offerdood en opstanding is:

· Die grootste uitdrukking van God se genade.

· Om ons vergifnis en versoening te gee.

· Die belofte van die ewige lewe.

Hierdie genade is nie 'n eenmalige gebeurtenis nie, maar 'n voortdurende bron van krag en vernuwing in ons daaglikse lewens.

Om onder genade te leef beteken om te erken dat God ons liefhet en aanvaar, nie as gevolg van wat ons doen nie, maar as gevolg van wie Hy is. Dit beteken ook dat ons Hom kan vertrou vir sy genadige hulp in alles wat ons vir vandag en die toekoms nodig het. Aangesien Hy ons uit genade gered het, sal Hy ook vir ons alles gee wat ons nodig het om vir Hom te lewe – uit genade. Genade dwing ons ook om hierdie onverdiende guns aan ander te bewys. Net soos ons God se genade ontvang het, word ons geroep om genade te betoon aan diegene om ons – om vergifnis, geduld en onvoorwaardelike liefde aan te bied.

Gebed

Dierbare Jesus, dankie vir die kosbare gawe van u genade wat verlossing bring. Help my asseblief om hierdie onverdiende guns ten volle te aanvaar en te leef in die vryheid en vreugde wat dit bied. Mag ek genade aan ander betoon en u liefde en genade weerspieël in alles wat ek doen. In u Naam. Amen.

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Vaste Fondament - Bou Jou Lewe op die Onwankelbare Waarheid van die Woord van God

Hunker jy na 'n dieper, meer onwankelbare geloof? Begeer jy 'n sterker fondament in jou wandel met God? In hierdie sesweeklange Bybelstudie gaan ons 30 fundamentele waarhede van die Christelike geloof ondersoek. Elke dag gaan jy in 'n Bybelse waarheid delf, van God se natuur en die outoriteit van die Skrif, tot die belangrikheid van gehoorsaamheid en die hoop op die opstanding.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://afrikaans.lovegodgreatly.com/