Liefde en die HuwelikVoorbeeld

Love and Marriage

DAG 1 VAN 5

God het nie aan ons verwagtinge en rolle in ons huwelik gegee om ons vryheid te verdruk nie. Hy wil net hê ons moet weet hoe die lewe die beste werk. Hierdie gedeelte oor liefde, respek en onderdanigheid val nie altyd in lyn met ons daaglikse denke en moderne praktyke nie, maar ons kan seker wees dat die Een wat die huwelik ingestel het weet hoe om dit te laat blom. Nadat julle hierdie deel kliphard saam gelees het, praat dan van die deel wat vir jou die moeilikste was om te verstaan of te beoefen. Bid saam dat God julle elkeen sal lei om die rol te vervul wat Hy vir julle uitverkies het om sodoende heerlikheid aan Hom te bring en eer aan jou eggenoot.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Love and Marriage

Deur te fokus op ons huwelik binne die konteks van die Bybel, gee ons God die geleentheid om nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons bond met mekaar. Die Liefde en Huwelik Lees plan gee vir ons verse om op te fokus en vinnig gedagtes te inisieer vir bespreking en gebed met jou maat. Hierdie vyf-dag plan is 'n kort termyn toewyding om jou te help met 'n belegging in jou lewenslange verhouding.

More