Liefde en die HuwelikVoorbeeld

Love and Marriage

DAG 2 VAN 5

Jou ou self sal nie naastenby so 'n goeie eggenoot wees soos jou nuwe self nie. Hierdie gedeelte daag ons uit om die slegte handelswyse wat altyd in die pad van 'n gesonde huwelik staan, eenkant te sit en Christus se karakter aan te neem. Alhoewel dit so maklik klink soos om 'n jas aan te trek, lees dit hardop saam en luister na die een sondige eienskap wat die moeilikste is om van ontslae te raak en die een goddelike eienskap wat die moeilikste is om jouself mee te beklee. Belei die maniere waarop jy gefaal het om 'n goddelike eienskap te beoefen en vra jou eggenoot om vergifnis. Bid saam tot God vir deursettingsvermoë om Sy karaktereienskappe te beoefen dag na dag.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Love and Marriage

Deur te fokus op ons huwelik binne die konteks van die Bybel, gee ons God die geleentheid om nuwe insigte oor ons verhouding te gee en versterk ons bond met mekaar. Die Liefde en Huwelik Lees plan gee vir ons verse om op te fokus en vinnig gedagtes te inisieer vir bespreking en gebed met jou maat. Hierdie vyf-dag plan is 'n kort termyn toewyding om jou te help met 'n belegging in jou lewenslange verhouding.

More