1
Johannes 15:5
Bybel vir almal
Ek is die wingerdstok. Julle is die lote. As julle by My bly en as Ek by julle bly, dan sal julle baie vrugte dra. As Ek nie by julle is nie, dan kan julle niks doen nie.
Yenzanisa
Ongorora {{vhesi}}
2
Johannes 15:4
Julle moet by My bly soos Ek by julle bly. Julle moet onthou 'n loot alleen kan nie vrugte dra nie, dit moet aan die wingerdstok vas bly. Julle kan ook nie vrugte dra as julle nie by My bly nie.
3
Johannes 15:7
Julle moet by My bly, en die dinge wat Ek vir julle sê, moet in julle harte bly. Dan kan julle vir My vra wat julle wil hê en Ek sal dit vir julle gee.
4
Johannes 15:16
Julle het My nie gekies nie, Ek het julle gekies. Ja, Ek het julle gekies en aangestel om vrugte te dra, vrugte wat nie sleg word nie. Dan sal die Vader vir julle alles gee as julle dit vra omdat julle aan My behoort.
5
Johannes 15:13
Die beste bewys van liefde is wanneer iemand vir sy vriende sterf sodat sy vriende kan lewe.
6
Johannes 15:2
Daar is party lote wat uit My groei maar wat niks vrugte dra nie. My Vader knip daardie lote af. Maar die lote wat vrugte dra, knip Hy net skoon sodat hulle nog meer vrugte kan dra.
7
Johannes 15:12
Ek het vir julle gewys hoe lief Ek vir julle is. Nou gee Ek vir julle 'n wet: Julle moet ook so lief wees vir mekaar.
8
Johannes 15:8
As julle baie vrugte dra, en as julle my dissipels is, dan sal die mense weet my Vader is God.
9
Johannes 15:1
Jesus het ook vir sy dissipels gesê: “Ek is die ware wingerdstok. My Vader is die druiweboer.
10
Johannes 15:6
As mense nie by My bly nie, dan sal met hulle gebeur wat met lote gebeur wat nie vrugte dra nie. Die mense gooi daardie lote weg, en dit word droog. Later vat hulle dit en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.
11
Johannes 15:11
Ek sê dit vir julle, want Ek wil hê julle moet so bly wees soos Ek. Dan sal julle regtig baie bly wees.
12
Johannes 15:10
Ek het vasgehou aan my Vader se liefde, want Ek het gedoen wat Hy gesê het. Julle moet dieselfde doen. As julle wil doen wat Ek sê, dan moet julle vashou aan my liefde.
13
Johannes 15:17
Ek sê vir julle: Julle moet lief wees vir mekaar.”
14
Johannes 15:19
As julle mense is wat lief is vir die wêreld, dan sal die ander mense van die wêreld lief wees vir julle, want dan is julle soos hulle. Maar julle is nie mense van die wêreld nie. Ek het julle gekies uit die mense van die wêreld. Daarom haat die mense van die wêreld julle.
Pekutangira
Bhaibheri
Zvirongwa
Mavideo