1
1 Konings 17:14
Bybel vir almal
Die Here, die God van Israel, het gesê: Die kruik waarin die meel is, sal nie leeg word nie, en daar sal genoeg olyf-olie in die oliebottel wees tot die dag wanneer die Here dit weer laat reën in die land.”
Vergelyk
Verken 1 Konings 17:14
2
1 Konings 17:1
Die profeet Elia van Tisbe het nie self grond gehad nie, hy het in Gilead by ander mense gewoon. Hy het vir Agab gesê: “Daar sal hierdie jaar nie reën of dou wees nie. Dit sal net reën of dou as ek so sê. Dit is so seker soos die Here lewe, die God van Israel vir wie ek werk.”
Verken 1 Konings 17:1
3
1 Konings 17:13
Elia het vir haar gesê: “Jy moenie bekommerd wees nie. Gaan doen wat jy wil doen, maar maak eers vir my 'n klein broodjie gaar, daarna kan jy vir jou en jou seun brood gaarmaak.
Verken 1 Konings 17:13
4
1 Konings 17:12
Sy het gesê: “So seker soos jou God die Here lewe, ek het niks wat gaar is nie. Ek het nog net 'n handvol meel in 'n kruik en 'n bietjie olyf-olie in 'n bottel. Wanneer ek klaar 'n paar stukkies hout bymekaargemaak het, dan gaan ek vir my en my seun iets maak om te eet. Daarna sal ons sterf.”
Verken 1 Konings 17:12
5
1 Konings 17:9
“Jy moet gereedmaak en na die stad Sarfat gaan in die land van die Sidoniërs. Jy moet daar gaan bly. Ek het vir 'n weduwee daar gesê sy moet vir jou kos gee.”
Verken 1 Konings 17:9
6
1 Konings 17:16
Die meelkruik het nie leeg geword nie en daar was altyd olyf-olie in die oliebottel, soos die Here gesê het Elia moet sê.
Verken 1 Konings 17:16
7
1 Konings 17:15
Die weduwee het gegaan en gedoen wat Elia gesê het en sy het elke dag kos gehad om te eet, sy en Elia en haar huisgesin.
Verken 1 Konings 17:15
8
1 Konings 17:10
Elia het gereedgemaak en na Sarfat gegaan. Toe hy by die poort van die stad kom, was 'n weduwee daar besig om hout bymekaar te maak. Hy het haar geroep en gevra: “Gee asseblief vir my 'n bietjie water in 'n beker sodat ek dit kan drink.”
Verken 1 Konings 17:10
9
1 Konings 17:4
Jy kan water drink uit die stroom in die vallei, en Ek het vir die kraaie gesê hulle moet vir jou kos bring.”
Verken 1 Konings 17:4
10
1 Konings 17:11
Toe sy gaan om die water te gaan haal, skree hy vir haar: “Bring asseblief ook vir my 'n stukkie brood saam.”
Verken 1 Konings 17:11
11
1 Konings 17:6
Die kraaie het elke oggend en elke aand brood en vleis vir hom gebring, en hy het water uit die stroom in die vallei gedrink.
Verken 1 Konings 17:6
12
1 Konings 17:7
Dit het nie gereën nie, en daar was later nie meer water in die Krit-vallei nie.
Verken 1 Konings 17:7
13
1 Konings 17:24
Die vrou het vir Elia gesê: “Nou weet ek jy is regtig 'n man van God. Die dinge wat die Here sê jy moet sê, is die waarheid.”
Verken 1 Konings 17:24
14
1 Konings 17:5
Elia het gegaan en hy het gedoen wat die Here vir hom gesê het. Hy het in die Krit-vallei anderkant die Jordaan-rivier gaan bly.
Verken 1 Konings 17:5
15
1 Konings 17:22
Die Here het gedoen wat Elia gevra het. Die lewe van die kind het teruggekom in hom en hy het weer begin lewe.
Verken 1 Konings 17:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's