1
Genesis 32:28
Die Bybel 2020-vertaling
Toe sê hy: “Jy sal nie meer Jakob genoem word nie, maar Israel. Want jy het met God en mense stryd gevoer, en het oorwin.”
Vergelyk
Verken Genesis 32:28
2
Genesis 32:26
Hy het gesê: “Laat my gaan, want die dag breek.” Maar Jakob het gesê: “Ek sal u nie laat gaan nie, tensy u my seën.”
Verken Genesis 32:26
3
Genesis 32:24
Jakob het alleen agtergebly, en 'n man het met hom geworstel tot dagbreek toe.
Verken Genesis 32:24
4
Genesis 32:30
Jakob het die plek Pniël genoem, “want,” het hy gesê, “ek het God van aangesig tot aangesig gesien, en tog is my lewe gered.”
Verken Genesis 32:30
5
Genesis 32:25
Toe hy sien dat hy Jakob nie kan oorweldig nie, het hy hom op sy heupgewrig getref. Jakob se heup is in die worsteling met hom ontwrig.
Verken Genesis 32:25
6
Genesis 32:27
Toe vra hy: “Wat is jou naam?” En hy antwoord: “Jakob.”
Verken Genesis 32:27
7
Genesis 32:29
Jakob vra toe en sê: “Maak asseblief u Naam bekend!” Maar hy het geantwoord: “Waarom vra jy dan my Naam?” Hy het hom toe daar geseën.
Verken Genesis 32:29
8
Genesis 32:10
– ek is te gering vir al die gunsbewyse en al die trou wat U aan u dienskneg bewys het, want ek het met net my wandelstok hierdie Jordaan oorgesteek, en nou het ek twee vol kampe geword.
Verken Genesis 32:10
9
Genesis 32:32
Daarom eet die Israeliete tot vandag toe nie die seningrige spier wat aan die heupgewrig vas is nie, omdat hy die heupgewrig van Jakob, die seningrige spier, getref het.
Verken Genesis 32:32
10
Genesis 32:9
Jakob het gesê: “God van my voorvader Abraham, God van my vader Isak, HERE, U wat vir my gesê het, ‘Gaan terug na jou land en jou familie, en Ek sal aan jou goed doen’
Verken Genesis 32:9
11
Genesis 32:11
Red my asseblief uit die hand van my broer, uit die hand van Esau, want ek is bang vir hom. Anders kom hy en verslaan my – die ma's saam met die kinders.
Verken Genesis 32:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's