1
Matteus 26:41
Die Bybel 2020-vertaling
Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”
Vergelyk
Verken Matteus 26:41
2
Matteus 26:38
Toe sê Hy vir hulle: “My siel is diep bedroef, tot die dood toe. Bly hier en waak saam met My.”
Verken Matteus 26:38
3
Matteus 26:39
Hy het toe 'n entjie verder gegaan, met sy gesig teen die grond neergeval en gebid: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan. Nogtans, nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.”
Verken Matteus 26:39
4
Matteus 26:28
want dit is my bloed, die bloed van die verbond wat vir baie uitgegiet word tot vergewing van sondes.
Verken Matteus 26:28
5
Matteus 26:26
Terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem, en nadat Hy die seëngebed uitgespreek het, breek Hy dit, gee dit vir die dissipels en sê: “Neem, eet, dit is my liggaam.”
Verken Matteus 26:26
6
Matteus 26:27
Toe het Hy die beker geneem, gedank, dit vir hulle gegee en gesê: “Drink almal daaruit
Verken Matteus 26:27
7
Matteus 26:40
Hy kom toe by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: “Was julle dan nie in staat om een uur lank saam met My te waak nie?
Verken Matteus 26:40
8
Matteus 26:29
Ek sê vir julle: Van nou af sal Ek beslis nie weer van hierdie vrug van die druiwestok drink nie, tot daardie dag wanneer Ek dit nuut saam met julle sal drink in die •koninkryk van my Vader.”
Verken Matteus 26:29
9
Matteus 26:75
Toe het Petrus die woorde onthou wat Jesus gesê het: “Voordat 'n haan kraai, sal jy My drie maal verloën.” En hy het na buite gegaan en bitterlik begin huil.
Verken Matteus 26:75
10
Matteus 26:46
Staan op, laat ons gaan. Kyk, die een wat My verraai, is naby.”
Verken Matteus 26:46
11
Matteus 26:52
Toe sê Jesus vir hom: “Bêre jou swaard op sy plek. Want almal wat die swaard opneem, sal deur die swaard omkom.
Verken Matteus 26:52
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's