1
Matteus 27:46
Die Bybel 2020-vertaling
Teen ongeveer die negende uur het Jesus met 'n harde stem uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtáni?” Dit beteken ‘My God, my God, waarom het U My verlaat?’
Vergelyk
Verken Matteus 27:46
2
Matteus 27:51-52
En kyk, die voorhangsel in die heiligdom is van bo tot onder in twee geskeur, die aarde is geskud en die rotse is oopgebreek. Die grafte is geopen en baie liggame van ontslape •heiliges is opgewek.
Verken Matteus 27:51-52
3
Matteus 27:50
Toe het Jesus weer met 'n harde stem uitgeroep en sy asem uitgeblaas.
Verken Matteus 27:50
4
Matteus 27:54
Toe die centurio en dié wat Jesus saam met hom bewaak het, die skudding en die dinge wat gebeur, sien, was hulle vreesbevange en het gesê: “Hy was werklik •Seun van God.”
Verken Matteus 27:54
5
Matteus 27:45
Vanaf die sesde tot die negende uur het daar duisternis oor die hele aarde toegesak.
Verken Matteus 27:45
6
Matteus 27:22-23
Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” Hy het gevra: “Maar watter kwaad het hy dan gedoen?” Hulle het egter nog harder geskreeu: “Laat Hy gekruisig word!”
Verken Matteus 27:22-23
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's