1
Spreuke 27:17
Die Bybel 2020-vertaling
Yster slyp yster, en een mens slyp die aard van 'n ander.
Vergelyk
Verken Spreuke 27:17
2
Spreuke 27:1
Moenie spog oor die dag van môre nie, want jy weet nie wat die dag sal oplewer nie.
Verken Spreuke 27:1
3
Spreuke 27:6
Die wonde deur 'n geliefde toegedien, word opreg bedoel, maar oordrewe is die soene van iemand wat haat.
Verken Spreuke 27:6
4
Spreuke 27:19
Soos water 'n gesig weerspieël, so weerspieël die hart van 'n mens hom.
Verken Spreuke 27:19
5
Spreuke 27:2
Laat 'n vreemde jou prys, en nie jou eie mond nie, 'n buitestander, en nie jou eie lippe nie.
Verken Spreuke 27:2
6
Spreuke 27:5
'n Openlike teregwysing is beter as liefde in die geheim.
Verken Spreuke 27:5
7
Spreuke 27:15
'n Lekkende dak wat aanhou drup op 'n dag van stortreën, en 'n vrou wat rusie maak, is presies dieselfde.
Verken Spreuke 27:15
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's