1
1 Konings 17:14
Die Boodskap
Moenie bang wees nie, want die Here het vir my gesê dat jou meelblik en jou oliekan nie sal leeg word nie totdat Hy weer reën gestuur het.”
Vergelyk
Verken 1 Konings 17:14
2
1 Konings 17:1
Toe het Elia, ’n profeet uit Tisbe in Gilead, vir koning Agab gesê: “So seker as wat die Here, die God van Israel wat ek dien, leef, so seker sal daar geen dou of reën in die volgende jaar of wat val sonder dat ek so sê nie.”
Verken 1 Konings 17:1
3
1 Konings 17:13
“Moenie bekommerd wees nie,” het Elia gesê. “Gaan bak maar die brood en as dit klaar is, bring eers vir my ’n klein stukkie. Jy en jou seun kan dan die res kry.
Verken 1 Konings 17:13
4
1 Konings 17:12
Maar die vrou het geantwoord: “Meneer, ek sweer voor God dat ek niks brood het nie. Daar is nog net ’n bietjie meel in die blik en ’n paar druppels olie in die kan. Ek het hierheen gekom om ’n paar stukkies hout vir ’n vuurtjie te kap sodat ek vir my en my seun ’n laaste stukkie brood kan maak. As dit klaar is, is daar niks meer nie. Dan moet ons maar op die dood wag.”
Verken 1 Konings 17:12
5
1 Konings 17:9
“Gaan na Sarfat toe, naby Sidon. Bly ’n rukkie daar. In Sarfat sal ’n weduwee elke dag vir jou sorg.”
Verken 1 Konings 17:9
6
1 Konings 17:16
Soos die Here belowe het, was die meelblik nooit leeg nie en was daar altyd olie in die kan.
Verken 1 Konings 17:16
7
1 Konings 17:15
Die weduwee het gedoen soos Elia gesê het. Daar was elke dag oorgenoeg kos vir hulle al drie.
Verken 1 Konings 17:15
8
1 Konings 17:10
Elia is toe na Sarfat toe. Net toe hy die stad binnekom, sien hy ’n weduwee wat hout kap. Hy het haar nader geroep en gesê: “Gaan haal asseblief vir my ’n bietjie water.”
Verken 1 Konings 17:10
9
1 Konings 17:4
Jy kan uit die spruit water drink, terwyl die kraaie elke dag vir jou op my bevel kos sal bring.”
Verken 1 Konings 17:4
10
1 Konings 17:11
Terwyl sy wegstap, het Elia bygevoeg: “En sommer ook ’n stukkie brood, asseblief.”
Verken 1 Konings 17:11
11
1 Konings 17:6
Elke oggend en elke aand het die kraaie vir hom brood en vleis gebring. Elia het die water van die spruit gedrink.
Verken 1 Konings 17:6
12
1 Konings 17:7
Na ’n ruk het die spruit opgedroog, want dit het nog nie gereën nie.
Verken 1 Konings 17:7
13
1 Konings 17:24
“Nou weet ek dat die Here u gestuur het en dat Hy deur u praat,” het die weduwee gesê.
Verken 1 Konings 17:24
14
1 Konings 17:5
Elia het na die Here geluister en na die Kritspruit aan die Oos-Jordaan gestap.
Verken 1 Konings 17:5
15
1 Konings 17:22
Die Here het toe Elia se gebed verhoor en die kind het weer begin leef.
Verken 1 Konings 17:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's