1
Spreuke 23:24-25
Die Boodskap
Maak jou ouers trots op jou. Maak hulle dankbaar omdat jy in die Here glo en reg wil leef.
Vergelyk
Verken Spreuke 23:24-25
2
Spreuke 23:4
Moenie jou vir baie geld afsloof nie. Wees slim genoeg om te weet wanneer jy genoeg het.
Verken Spreuke 23:4
3
Spreuke 23:18
As jy dit doen, wag daar wonderlike dinge op jou. Goeie dinge sal met jou in die toekoms gebeur.
Verken Spreuke 23:18
4
Spreuke 23:17
Moet niks wil hê van slegte mense nie. Dit kan jou net in die ellende dompel. Wees eerder elke dag baie lief vir die Here.
Verken Spreuke 23:17
5
Spreuke 23:13
’n Kind het dissipline nodig. ’n Pak slae op die regte tyd sal hom goed doen.
Verken Spreuke 23:13
6
Spreuke 23:12
Maak alles wat die spreuke jou leer jou eie. Spits jou ore om nog meer van die lewe te leer.
Verken Spreuke 23:12
7
Spreuke 23:5
Rykdom hou ook nie vir altyd nie. Dis soos ’n voël wat die een oomblik nog naby jou op ’n tak sit en dan skielik wegvlieg. So vinnig verdwyn geld.
Verken Spreuke 23:5
8
Spreuke 23:22
Onthou die goeie waardes wat jy in jou ouerhuis geleer het. Moenie jou ouers se harte op hulle oudag breek nie. Hou vas aan die lewenswaarhede wat hulle jou geleer het.
Verken Spreuke 23:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's