Kom Ons GaanVoorbeeld

Let's Go

DAG 16 VAN 21

Moedige Geregtigheid

Deur S. George Thomas

Die dag toe hy gelees het van president Lincoln se emansipasie van die slawe, het Gary Haugen geweet hy wil 'n prokureur word, al was hy nog in die laerskool. Terwyl hy in die hoërskool was, het hy in 'n Reader’s Digest die biografie van Martin Luther King, Jr. gelees en het obsessief begin raak om alles wat hy kon oor hierdie burgerregte beweging uit te vind. Na skool het Gary aan Harvard gaan studeer waar hy oortuig geword het dat uit al die godsdienste en gelowe, die Christendom die duidelikste antwoorde gebied het hoe om 'n regverdige lewe te lei.

Hy het na voltooiing van sy studies as 'n intern gedien by die Nasionale Inisiatief vir Versoening, 'n kerk-gebaseerde organisasie in Suid-Afrika, wat hulle beywer het vir die beëindiging van apartheid. Gedurende hierdie tyd, het Gary met verskeie pastore gepraat wat aangerand en in die tronk gegooi is omdat hulle hulself teen die onregte uitgespreek het. Na sy tyd saam met hulle, het hy gesê: “Wat my die meeste van hierdie pastore getref het, was hul verrassende afwesigheid van vrees. Hulle het die regte ding gedoen omdat hulle werklik geglo het wat Jesus sê is waar. Ek het uitgevind, wanneer ek optree omdat ek glo dat wat Jesus sê waar is, ek ook sonder vrees geleef het.”

Met sy teruggekeer na die VSA, het Gary by die regskool aan die Universiteit van Chicago ingeskryf en daarna as 'n aanklaer in die burgerregte-afdeling van die Amerikaanse Departement van Justisie gaan werk. Hy het sy vrou, Jan, ontmoet terwyl sy as personeel assistente by 'n regsfirma gewerk het. Na hul huwelik het hy vinnig in die roetine van sy nuwe lewe gevestig geraak. Gou het Gary se primêre bekommernisse bestaan uit die versorging van sy swanger vrou, om sy motor in te ruil vir 'n stasiewa en uit te werk hoe om die aandag van die graad ses seuns in sy Sondagskoolklas te behou. Toe vra die Verenigde Nasies (VN) hom om hul veld-ondersoek na die volksmoord in Rwanda te lei.

Gary het op 'n vliegtuig geklim en na Rwanda gegaan om die gruweldade wat daar plaasgevind het te ondersoek. Hy het met 'n pa gepraat wat gedwing is om toe te kyk hoe sy drie klein kindertjies met kapmesse doodgemaak word. Hy het ook 'n kerk besoek waar die verkoolde liggame hoog opgestapel was van diegene wat na veiligheid gaan soek het, maar in plaas daarvan hul dood tegemoet gegaan het. Toe hy deur 'n massagraf vol verrottende lyke gegrawe het, het hy die ontbinde liggaam van 'n vrou teruggerol, net om haar baba dood onder haar te vind.

Gary het ses weke lank bewyse vir die VN ingesamel sodat hulle 'n tribunaal kon opstel om die oortreders van die Rwandese volksmoord te vervolg. Teen die tyd dat hy teruggekeer het na die VSA, was hy gewalg deur alles wat hy gesien en gehoor het. Terwyl hy een Sondag in die kerk gesit het, het Gary begin dink aan hoe ongeregtigheid vandag in die wêreld hoogty vier. Hy het besef dat hoewel daar verskeie groot organisasies soos Wêreld Visie en Die Heilsleër was wat hulle daarop toegespits het om die hawelose te beskerm en honger mense te voed, hy nie aan 'n enkele Christelike organisasie kon dink wat uitsluitlik toegewyd was aan die uitvoering van God se oproep tot geregtigheid in die wêreld nie.

Gedurende die volgende paar dae het Gary al sy vrye tyd daaraan bestee om die Bybel breedvoerig te bestudeer om uit te vind wat God se beskouing van geregtigheid was. Hy het tot die gevolgtrekking gekom, alhoewel Christus van almal wat Hom volg, verwag om vir slagoffers van wreedheid en ongeregtigheid te bid, wil Hy hê dat ons meer moet doen. Hy roep ons ook op om hulle te help en te red. Gary het gesê: “Die God van wie ek in die Bybel lees, is nie 'n God wat net simpatie en beste wense aan mense stuur nie. Dit is 'n God wat wil hê dat kwaaddoeners tot verantwoording geroep moet word en kwesbare mense beskerm word — hier en nou!”

Daardie Vrydag het Gary sy werk by die Departement van Justisie bedank. Drie dae later het hy die Internasionale Geregtigheidsending van stapel gestuur, 'n Bybel-gebaseerde menseregte-agentskap wat geregtigheid verseker vir slagoffers van slawerny, seksuele uitbuiting en ander vorme van gewelddadige onderdrukking. Vandag, 13 jaar later, het die Internasionale Geregtigheidsending meer as 300 Christelike prokureurs, kriminele ondersoekers, maatskaplike werkers en advokate in diens wat regoor die wêreld onvermoeid namens onskuldige slagoffers van slawerny, mensehandel en onreg 'n stryd voer.

Wanneer die Bybel na onreg verwys, is dit nie van daardie tye wanneer jy by die kruidenierswinkel is en die vrou voor jou gaan deur die vinnige betaalpunt met 13 items in plaas van 10 nie. Die Bybelse begrip van geregtigheid strek veel verder as ons geregshowe en begrippe van regverdigheid; dit strek tot in ons alledaagse lewens. Waar ons geneig is om van "geregtigheid te kry” praat, sê die Bybel “julle moet reg laat geskied” (Psalm 82:3, Spreuke 12:3).

God is passievol oor geregtigheid. Luister na sy woorde: "Jy mag nie onregverdig wees in die regspraak nie" (Levitikus 19:15). "Jy moet alleen laat geld wat reg is" (Deuteronomium 16:20). "Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee nie" (Deuteronomium 27:19). "Dit gaan goed met mense wat die reg handhaaf, wat by elke geleentheid geregtigheid doen" (Psalm 106:3). "Slegte mense het geen begrip wat reg is nie; dié wat die wil van die Here vra, het ‘n goeie begrip van alles" (Spreuke 28:5). "Die Here is 'n God wat reg laat geskied" (Jesaja 30:18). "Ek is die Here, Ek het die reg lief" (Jesaja 61:8).

As God so passievol is oor geregtigheid, moet ons nie ook so wees nie?

Die boek Amos gee ons meer insig oor hoe God voel wanneer ons nie geregtigheid in ons lewens infaseer nie. Toe Hy met die kinders van Israel gepraat het, sê God: “Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom” (Amos 5:23–24). Hier kry jy 'n idee van God se woede en gebroke hart oor mense wat al die regte liedjies gesing het en al die regte dinge gedoen het toe hulle in die tempel kom aanbid het, maar hul lewens het nie daarmee ooreengestem nie — hulle het nie God se geregtigheid uitgeleef nie. Hulle het nie besef dat die versorging van die gebrokenes, die onderdruktes en diegene op die rand van die samelewing, nie van ons aanbidding van God geskei kan word nie.

Ongeregtigheid vier oral hoogty om ons. As God se agente van verandering hier op aarde kan ons nie bekostig om net toe te kyk nie. Miga 6:8 sê: “Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.” Daar is verskeie maniere waarop jy kan help om God se passie vir geregtigheid uit te voer: Jy kan bid vir individue wat verslaaf is, verkeerdelik gevange geneem en vasgevang is in mensehandel. Jy kan persoonlike beroepe op die regering of korporatiewe amptenare doen. Jy kan jou tyd en dienste vrywillig aanbied of geld skenk aan organisasies wat onreg en boosheid in die wêreld beveg.

Vra God vandag om jou sy passie te gee vir geregtigheid en om jou te wys wat jy vandag kan doen om jou rol te speel in die stryd teen die boosheid van onreg in die wêreld.

Memoriseer Vers

"Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God" Miga 6:8.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Let's Go

Hierdie 21-dag oordenking van Gateway Church is bedoel om jou aan te moedig en te inspireer om Jesus se sendingopdrag uit te voer: "Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom ..." (Markus 16:15).

More

Ons wil graag dankie sê vir Gateway Church wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: https://gatewaypeople.com