Kom Ons GaanVoorbeeld
As die Beeld van God
By S. George Thomas
Paul Brand het nooit sy eerste ontmoeting met melaatses vergeet nie. As die seun van dokters wat in die heuwels in die suide van Indië sendingwerk gedoen het, was Paul gewoond aan plaaslike mense wat na sy ouers toe gekom het om hulp. Op 'n dag het hy drie vreemdelinge gesien wat na hul huis aangeloop gekom het. Hul velle was bespikkel met vreemde wit kolle, hul vingers was stompies, en een het nie tone gehad nie. Paul het toegekyk hoe sy pa handskoene aantrek en gebuig het om die vreemdelinge se voete te was voordat hy salf op hul sere gesmeer het en hul voete in verbande toegedraai het. Sy ma het uit die huis gekom met 'n mandjie kos vir die mans, maar sy het haar afstand behou.
Toe die mans weg is, het Paul gehardloop om die leë kosmandjie op te tel, maar het in sy spore vasgesteek toe sy ma skree: "Moenie daaraan raak nie!" Hy het gekyk hoe sy pa die mandjie optel, dit in die vuur gooi en toe sy handskoene verwyder, sy hande met seep en warm water was, en al sy klere vervang met ander. Toe Paul sy ouers vra waarom hulle so vreemd optree, het sy pa verduidelik: "Dit is omdat daardie manne melaatses is." Paul het vreesbevange gevoel by die aanhoor van hierdie woorde. Hy het van melaatses in Bybelverhale gehoor en geweet dat niemand, behalwe Jesus ooit naby hulle gekom het.
As die oudste aangetekende siekte is melaatsheid al lank as die mees gevreesde siekte denkbaar beskou. Diegene wat dit opgedoen het, het die gebruik van hulle hande en voete verloor, en hulle gesigte was dikwels vermink. Melaatses is nie toegelaat om te werk nie, en meer dikwels, is hulle verwerp en heeltemal afgesny van hul gesinne. Slagoffers van melaatsheid moes eeue lank uitroep: "Onrein! Onrein!" om enigiemand wat hulle nader, te waarsku. Hulle was die uitgeworpenes, onaantasbare en liefdeloos. Afgesonder en vergete, het hulle eensaam geword en alle hoop verloor.
Paul het uiteindelik in sy pa se voetspore gevolg en by 'n mediese skool in Londen ingeskryf. Terwyl hy daar was, het hy Margaret ontmoet, 'n briljante Christen van Suid-Afrika wat later sy vrou geword het. Toe hulle gegradueer het, was Margaret bo-aan die klas en Paul net na haar. Hulle het albei 'n begeerte gehad om hulle lewe daaraan te wy om die Here as mediese sendelinge te dien, en God het 'n deur vir Paul oopgemaak om 'n pos by 'n Christelike mediese kollege in Indië op te neem.
'n Jaar nadat hulle na Indië verhuis het, het Paul en Margaret 'n hospitaal vir melaatse pasiënte besoek. Wat hulle gesien het, het hulle harte gebreek, maar dit het hulle ook tot optrede aangespoor. Om pasiënte ongemaklik te sien rondsukkel in die hospitaal met swaar verbande aan hulle voete, sommige wat hopeloos rond staar met blinde oë en floutjies probeer glimlag met hul verwronge gesigte, het hulle albei skielik die gevoel gekry: “Dit is hoekom ons hierheen gekom het.” Diep aangeraak deur die angs en lyding van hierdie melaatse pasiënte, het Paul en Margaret Brand hulle daaraan toegewy om hulle lyding te verlig. Tot op hierdie stadium het almal vir duisende jare al geglo dat melaatsheid weggevreet het aan ‘n persoon se ledemate totdat dit heeltemal afgeval het. Maar Dr. Brand het bevind dat dit glad nie die geval was nie. Hy het ontdek dat melaatsheid eintlik wegeet aan 'n persoon se senuwees totdat hulle geen gevoel kan ervaar nie, insluitend pyn. Omdat hulle dan nie pyn kan voel nie, kan melaatses baie maklik seerkry, wat veroorsaak dat hulle hul ledemate verloor en vermink raak. Dit was 'n revolusionêre mediese deurbraak!
Waarom het Paul dan iets ontdek wat niemand anders duisende jare tevore nie al kon doen nie? Omdat hy melaatses benader het op 'n manier wat niemand — behalwe Jesus — ooit gedoen het nie. Hy het nie na hulle as gevalle gekyk nie; in plaas daarvan het hy hulle gesien as mans en vroue wat geskep is as die beeld van God. Hy het nie gekyk na die siekte nie; hy het gekyk na die persoon. Hy het verby die gevolge van melaatsheid gekyk en eerder in die oë van diegene wat daaraan ly. Hy het liefdevol aandag gegee aan al die besonderhede van elkeen se lewe en hulle gehelp om hulle professionele, emosionele en geestelike probleme op te los; so word die hele persoon gerehabiliteer. Paul het gesê: "Hierdie mense het so ongewens en liefdeloos en vreesbevange gevoel; hoe meer ek hulle leer ken het, hoe meer het ek besef watter wonderlike mense hulle is." Diegene wat deur die wêreld as uitgeworpenes, onaantasbaar en as ongewens beskou is, het Paul gesien as sy naaste wat God hom geroep het om lief te hê. En as gevolg van sy ontdekking kon Hy die melaatses met wie hy gewerk het, help om na hul gesinne en gemeenskappe terug te keer, 'n bestaan te begin maak en stadig hul waardigheid te herwin deur hulle te help om hulself te sien as geskep as die beeld van God.
Jesus het die melaatses genees wat Hy teëgekom het. Hy het vergifnis verleen aan die vrou wat in egbreuk betrap is. Hy het tyd saam met oneerlike belastinggaarders deurgebring. Die geestelike leiers het nie daarvan gehou nie, en hulle het Jesus probeer oortuig dat daar beter dinge was om met sy tyd te doen … beter, meer "aanvaarbare en verdienstelike" mense vir Hom om mee te meng. Maar Jesus, wat gekom het om "diegene wat verlore was te soek en te red" het geweier om op te hou om sy liefde en deernis te betoon aan elke persoon wat Hy teëgekom het — omdat Hy geweet het dat elkeen geskape was as die beeld van God.
Aan wie dink jy as 'n "melaatse" — diegene van 'n lae sosiale stand, die uitgeworpene, die persoon met wie jy nie wil assosieer nie, nog minder aanraak? Die enkellopende meisie wat swanger geraak het en 'n aborsie gehad het? Die jong man wat nooit liefde kon vind op al die plekke waar hy daarna gesoek het nie en hom uiteindelik na 'n lewe van homoseksualiteit gewend het? Die man wat pas uit die tronk vrygelaat is nadat hy 'n vonnis van 15 jaar vir 'n seksuele oortreding uitgedien het? Die jong vrou wat in 'n lewe van dwelms en prostitusie vasgevang is? Die pasiënt wie se liggaam deur VIGS verwoes word?
In werklikheid gaan die mensdom se oudste siekte al die pad terug na die tuin van Eden toe man en vrou die eerste keer voor die siekte van sonde geswig het. Dit teister vandag nog steeds ons wêreld. Die verwoestende gevolge daarvan is duidelik te bespeur oral waarheen ons gaan, en diegene wat daardeur geteister word, is verlore, siek, hopeloos en alleen. God het elkeen van ons as sy beeld geskape, en Hy het ons geroep om sy beeld te uit te dra na 'n wêreld wat in desperate nood is. Paul en Margaret Brand het hierdie waarheid diep in hul harte geglo, en hul lewens was 'n sigbare weerspieëling van hul geloof. As die liggaam van Christus kan ons nooit bekostig om te vergeet dat elke enkele man, vrou, seun en meisie wat in sonde vasgevang is, ook as die beeld van God geskape is nie, en ons het die enigste "middel" — Jesus — wat hulle kan genees.
Wie is vandag die "melaatses" om jou? Vra God om jou te wys; gaan dan uit en reik sy genesende liefde en vergifnis aan hulle uit.
Memoriseer Vers
"Hiéraan weet ons wat ware liefde is: Jesus het sy lewe vir ons afgelê. Ons behoort ook ons lewens vir ons broers af te lê. Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie — hoe kan die liefde van God in hom wees? Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid" 1 Johannes 3:16–18.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie 21-dag oordenking van Gateway Church is bedoel om jou aan te moedig en te inspireer om Jesus se sendingopdrag uit te voer: "Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom ..." (Markus 16:15).
More