Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Berou of Jammer
Daar is ʼn verskil tussen berou en jammer wees. Jammer is om jammer te wees dat jy uitgevang is. Byvoorbeeld, as jy ʼn bank beroof, daarmee weg kom vir ʼn ruk en dan gearesteer word, is jy jammer. Hoekom? Want jy is uitgevang.
Of, as jy op die snelweg ry en deur die hoofweg patrollie afgetrek word, is jy jammer. Hoekom? Want jy is uitgevang, nie omrede jy die spoedgrens oorskry het nie. Dit is nie berou nie; dit is jammer wees. Berou is om jammer genoeg te wees om op te hou met wat jy doen en jou optrede te verander.
Judas Iskariot was berouvol omdat hy Jesus verraai het. Hy het geweet dat Jesus onskuldig is. Hy het geweet wat hy doen was verkeerd en as hy berou gehad het, kon hy nog steeds na Jesus toe gedraai het, maar in plaas daarvan het hy na die godsdienstige leiers gedraai en wat het dit aan hom gedoen?
Hulle het egter gesê, “Jy weet wat? Wat beteken dit vir ons? Dit is jou probleem. Jy het jou doel gedien. Gee pad hier.” Dit is tipies van hierdie wereld. Dit beloof vryheid, maar dit bring slawerny. Dit beloof genietinge, maar dit bring skuldgevoel. In plaas van geluk, bring dit hartseer. In plaas van plesier, bring dit pyn. Judas het nie ʼn vriend in die wereld gehad nie, behalwe Jesus en hy het hom verraai. Dus het Judas hom na godsdiens gedraai en godsdiens het niks gehad om hom te bied nie. Hy het Christus nodig gehad.
Godsdiens is soos om ʼn pleister te kry as jy ʼn opehart operasie nodig het. Ons het nie ʼn bietjie godsdiens nodig nie, want ʼn bietjie godsdiens – of selfs baie daarvan – gaan ons nie help nie. Ons het baie meer van Jesus nodig.
Waarheen gaan jou skuldgevoelens jou dryf? As jy skuldig voel oor jou sonde, waar gaan jy heen: na Jesus. Dit is die enigste plek om na te gaan.
Ter opsomming: Ken jy die verskil tussen goddelike hartseer en jammer wees?
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org