Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Die Gebede van Jesus
Verbeel jou jy spandeer tyd saam met Jesus, wanneer Hy skielik na jou draai en sê, “ O, terloops, die duiwel het op jou naam na jou gevra.”
”Die duiwel? U bedoel, soos ..Lucifer self?”
”Ja. Dit is korrek.”
Dit is wat met Petrus gebeur het. Hy en die ander disipels het so pas die Laaste Avondmaal saam met Jesus gevier, toe Hy die volgende openbaring aan hulle bekend gemaak het: “Vanaand sal julle almal my verlaat. Want die Skrif sê, 'God sal die Herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word. 'Maar nadat Ek uit die dood opgewek is, sal Ek voor julle uitgaan na Galilea en julle daar ontmoet” (Mattheus 26: 31-32)
Maar Petrus het geantwoord, “Al verlaat almal U, sal ek U nooit verlaat nie” (vers 33)
Jesus het hom betekenisvol geantwoord: "Wel, aangesien jy dit opgebring het, Rots, laat ek jou iets vertel. Voor die haan kraai, sal jy drie maal ontken dat jy my ooit geken het en luister hierna, Petrus: Satan het al verskeie kere gevra dat jy uit die sorg en beskerming van God geneem moet word.”
Die goeie nuus is dat Jesus vir Petrus gebid het en Jesus bid vir jou ook . Romeine 8:34 sê, “Wie sal ons veroordeel? Niemand nie – want Jesus het vir ons gesterf en was opgewek om vir ons te lewe, en sit op 'n geëerde plek aan God se regterkant om vir ons in te tree.” Jesus is in jou gebied. Hy tree vir jou in.
Bybelkommentator Robert Murray McCheyne het gesê, “As ek Jesus kon hoor bid vir my in die kamer langsaan, sou ek 'n miljoen vyande nie vrees nie. Nietemin maak afstand geen verskil nie. Hy bid vir my.
Was dit nie vir die gebede van Jesus nie, sou nie ek of jy 'n kans gestaan het nie.
Ter opsomming: Jesus is besig om op hierdie oomblik vir jou te bid!
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Skrif aanhalings is geneem uit die Bybel, Nuwe Lewende Vertaling, kopiereg 1996, 2004. Toestemming vir die gebruik hiervan is verleen deur Tyndale House Publishers, Bpk, Wheaton, Illinois 60189. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org