Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 9 VAN 30

Laat God Kies

Jare gelede het ek ʼn huis in die Filippyne besoek waar ʼn groep Christine bymekaar gekom het. Hulle het gesê dat hulle my wil bedien met ʼn plaaslike lekkerny, toe haal hulle ʼn eier uit - trouens, ʼn eend eier. Hulle het vir my gesê, “Dit is balut en ons is lief om dit in die Filippyne te eet.” Toe breek hul die eier oop.

Toe die dop verwyder was, was daar ʼn gedeeltelik gevormde eend. Ek kon die kop sien met ʼn bek. Ek kon die vere sien en daar was ʼn soort bruin vloeistof. Hulle het gesê, “ Greg, eers drink jy die vloeistof en dan eet jy die eend.....Nou, moet jy een eet.”
"Ek dink nie ek sal dit regtig kan doen nie," het ek gesê.

Iemand het in my oor gefluister, “As jy dit nie eet nie, gaan hul kultureel beledig voel.”
“As ek dit eet en opgooi, gaan hul meer beledig voel,” Het ek terug gefluister. Ek het dit nooit geëet nie.

By die kruis het Jesus die beker geneem wat Sy Vader vir hom gegee het en Hy het alles gedrink. Hy het vroeër gebid, “O my Vader! As dit moontlik is, neem tog hierdie lydensbeker van My af weg. Doen nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil” (Matthéüs 26:39).

Hier het Jesus ons ʼn model gegee wat ons moet doen in tye van onsekerheid, daardie tye wanneer ons nie verstaan (en dalk nie eers saam stem met God oor) wat in ons rigting gekom het nie. Ons kan God vir twee dinge vra: dat Hy, of daardie ding moet weg neem, of ons die krag gee om deur dit te kom.

D.L Moody het gesê, “Bring jou petisie voor God en sê dan, 'Laat U wil geskied, nie myne nie.' Die mooiste les wat ek in God se skool geleer het, is om die Here toe te laat om vir my te kies.”

God weet wat Hy doen.

Ter opsomming: In tye van onsekerheid, laat God vir jou kies!

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org