Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld
Die Sonde van Gebedloosheid.
Ons moet nooit vergeet dat gebed nie net vir petisie is nie, maar ook vir beskerming en voorbereiding. Gebed gee nie net vir ons wat ons soek nie; dit berei ons voor vir en beskerm ons teen dit wat ons nie soek nie.
In die tuin van Getsemane, was Jesus in angs toe Hy die gruwels van die kruis in die oog gestaar het. All wat hy wou gehad het, is dat die dissipels daar moes wees en bid. Omdat hy God is, het hy geweet wat voorlê. Hy het al die besonderhede geken en het dus gebid, “O, my Vader! As dit moontlik is, neem tog hierdie beker van my weg. Doen nogtans nie soos Ék wil nie, maar soos Ú wil” (Matthéüs 26:39).
Al waarvoor Jesus gevra het, was ʼn bietjie kameraadskap. Hy het nie ʼn preek nodig gehad nie; Hy het vriende nodig gehad, maar Sy vriende het geslaap en dit was ʼn direkte resultaat van die sonde van selfvertroue.
Dieselfde kan waar wees van ons. Ons bid wanneer ons dink ons het nodig om te bid. Wanneer ʼn krisis ons tref, as ons slegte nuus van die dokter kry, wanneer ons afgedank word, wanneer ons probleme met ons huwelik en kinders het, wat doen ons? Ons bid en dit is goed. Dit is wat ons behoort te doen.
Wat van as dinge goed gaan? As die rekeninge betaal is, as die werk goed lyk, as daar geen slegte nuus van enige kant af is nie, bid jy dan? Is dit omdat jy dink jy het nie nodig om dit te doen nie? Is dit oor selfvertroue?
Eintlik, kan versuim om te bid, ʼn sonde wees. Sonde is nie net om ʼn opdrag te breek nie, alhoewel dit ook dit insluit. Daar is ook die sonde van weglating. Jakobus 4:17 vertel ons, “Daarom, as iemand weet wat reg is en dit nie doen nie, is dit sonde.”
Ter opsomming: Trots en gebedloosheid gaan hand aan hand.
Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.
More
We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org