Daaglikse geestelike boodskappe met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 17 VAN 30

Die “Regte Tyd” Is Nou.

Alhoewel sy in ʼn Christelike huis opgegroei het, het my ma vir die grootste deel van haar lewe in opstand gekom teen God en wanneer ons ookal ʼn ernstige gesprek oor die lewe gehad het, of oor die betekenis daarvan, of die hiernamaals, of oor God, sou sy altyd sê: “Ek wil nie daaroor praat nie.”

Een dag was sy baie siek en ek het in besonder genoodsaak gevoel om met haar te gaan gesels. Ek het haar dus gaan besoek. Ek het gesê, “Ek wil met jou praat oor jou siel en ek wil met jou praat oor die betekenis van die lewe en wat gebeur nadat ons dood is.”

Sy het geantwoord, “Ek wil nie daaroor praat nie.”

”Vandag gaan ons daaroor praat," het ek gesê en ons het gepraat. Die resultaat van daardie gesprek was dat sy haar opnuut aan die Here toegewy het. Sy is ʼn maand later oorlede. Ek is so bly dat ons daardie gesprek gehad het, alhoewel dit nie ʼn maklike een was nie.

ʼn Paar jaar het verby gegaan, toe ek hoor dat haar man, Bill, baie siek was en ek was gevra om hom te gaan sien. Ek was besig om gereed te maak om na ʼn spreekafspraak te gaan en het beplan om hom die volgende dag te besoek, maar weereens is dit ernstig op my hart gedruk deur die Here om hom onmiddellik te gaan besoek. Ons het ʼn openhartige gesprek gehad en ek het weereens die evangelie aangebied. Bill het gesê dat hy sy geloof in Christus wil plaas en ons het saam gebid terwyl hy sy lewe aan Hom toegewy het. Ek het my vlug gehaal en toe ek land, het ek ʼn boodskap ontvang dat Bill gesterf het.

Ek weet dit is onaangenaam en moeilik om ongelowiges te benader met hierdie onderwerp – veral familielede, maar jy moet doen wat reg is en jy sal bly wees dat jy dit gedoen het.
Ter opsomming: Dit kan onaangenaam wees om oor redding te praat met ʼn ongelowige geliefde, maar vertrou God en deel die waarheid met hulle.

Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.
Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit God se Woord aangebied deur pastoor Greg Laurie. Op sy reguit, geselsende manier bring Pastoor Greg relevante insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend te maak" in jou daaglikse Christen wandel.

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org